10 beseer ná chemiese lekkasie

Die toneel in Piet Humanweg, Bloemfontein op 23 April 2017 toe 10 mense beseer is ná ‘n chemiese lekkasie Foto: ER24

Tien persone is Sondagmiddag beseer ná ʼn chemiese lekkasie by ʼn maatskappy in Bloemfontein.

Toe paramedici van ER24 by die toneel in Piet Humanweg opgedaag het, was die provinsiale dienste reeds daar, het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Hulle is na ʼn kantoor waar hulle die pasiënte aangetref het. Tien persone het geringe beserings opgedoen en het gesukkel om asem te haal.”

Die persone is op die toneel behandel en daarna na Life Rosepark-hospitaal geneem.

“Die mans was besig om te werk toe een van die nabygeleë tenks begin lek het,” het Meiring bygevoeg. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

cor ·

Daar is geen beheer oor wetgewing i.v.m gevaarlike stowwe nie, besighede maak net soos hulle wil en as so iets gebeur word n raad van ondersoek aangestel maar mens hoor nooit weer van die uitkoms daarvan nie . Deesdae word bou en beton sand in die idde dorp geberg en verkoop ongeag of die stof silkose veroorsaak. Motors word ook net daar oor gespuitverf, geen pretensie geen beheer.

Riaan ·

“Toe ER24 daar kom was die provinsiale dienste reeds daar…” n Goewerments instansie wat beter diens lewer as n privaat instansie – wonderlik! SA kan regkom.

cor ·

Toe was daar seker tussen die twee ambulanse ‘n stryery wie vat die pasiente met ‘n siekefonds .Ek was eenkeer in n ongeluk betrokke maar nie beseer nie. Die provisiale ambulans het opgedaag en ook ER24 toe hulle hoor die pasient het ‘n siekefonds is hy uit die staats ambulans gehaal en in ER24 gelaai

gif ·

Cor volgens my kennis is daar wetgewings vir chemie wat in gestel is daar is maar reel en regulasies vir chemie hulle sal seker maar kyk wat was die rede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.