10 in hof vir R600 m. se tenderbedrog

Argieffoto

Die tien verdagtes wat vroeër vandeesweek in hegtenis geneem is in verband met tenderbedrog van R600 miljoen, het Vrydag hul eerste verskyning in die landdroshof in Oos-Londen gemaak.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes het in die hof verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery voordat die saak tot 5 Februarie 2020 uitgestel is.

Ntsokolo Chris Magwangqana (60), Lulama Lancelot Taleni (42), Vincent Mpumelelo Shezi (42), Goodman Ntandazo Vimba (42),Ongama Mahlane(49), Bongani Mpeluza (47), Lovemore Sinbarashe Kativhu (37), Eddison Vuyani Gaga (34) en Helen Busisiwe is elkeen borgtog van R40 000 toegestaan.

Die tiende verdagte, Nkosinathi Roosevelt Soga (59), is op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Vimba, een van die beskuldigdes, is die uitvoerende hoof van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) se munisipale infrastruktuurondersteuningsagent (MISA).

Maroela Media het vroeër berig die inhegtenisneming volg nadat die nasionale tesourie ’n klag by die Valke ingedien het. Luidens die klag het die verdagtes glo tenderprosesse omseil om toegang tot die Amathole-distriksmunisipaliteit (Oos-Londen) se fondse te verkry. Gevolglik is ’n tenderkontrak aan hulle toegeken om VIP-toilette (geventileerde puttoilette) aan die munisipaliteit te verskaf.

’n Ondersoek deur die Valke sou later onthul dat meer as R600 miljoen vir die bou van die toilette toegeken is, waarvan R286 miljoen reeds aan die verdagtes uitbetaal is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Thomas ·

Die ou wet van Transvaal is steeds geldig, maar klaarblyklik betaal jy of jy nou xxx of nie.

Cherokee ·

Nou waarom is die borgtog in 1000’de en nie in 1000 000’e nie?

Ruiklont ·

Het my self die selfde vraag gevra, R 600 mil is betrokke

Spogsog ·

Verstaan nie lekker nie, 600mil bedrog en hul kry borg maar die outjies in PE 17mil kry nie dadelik nie…

Leon ·

Ken die een persoon. Hy was n klerk by Dept van Onderwys in 1997 toe reeds n politieke pos gekry. Politieke bevooregte en nog meer ne die wortel van alle kwaad. Nie gedink hy sou homself so verryk ten koste van die arm mense nie. Selfs die Stutterheim Munisipaliteit, later Chris Hani/ Queenstown sukkel om te herstel na hy Munisipale bestuurder was. Toe weer Amatole toe. Redeployment. Waar sal dit tog stop. Wonder hoeveel van die geld is na Die hoof politieke organisasie toe herlei. Hoop die hele groep word aan die kaak gestel.

Wim ·

Hulle velkleur verskil.Dis nie reg wat hulle gedoen het nie ,maar rassitiese howe besluit oor die borg aansoeke .

HPV ·

Want hulle is blank, wys weer dat die ANC se twee stel reëls bestaan.

mini ·

hoe kry die wetters dit reg, ek kom in moeilikheid as ek nie bedrog en supisie transaksies raporteer nie …….

Sam Brookes ·

Moet daar nie ook ‘n ondersoek geloods word teen die persone wat hierdie tender toegestaan het nie? Dit klink my heeltemal te veel na die dinge wat die regering mee besig was en is. Melktrein.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.