10 in Limpopo vas oor dagga  

Foto: Verskaf.

Altesaam tien verdagtes is tussen Donderdagoggend en Saterdagoggend in Limpopo vasgetrek vir aanklagte wat verband hou met dwelms.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê een verdagte is in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op 25 pakkies dagga toe die polisie ʼn verdagte RDP-huis buite Modimolle deursoek het.

“Die dagga het ʼn beraamde waarde van R60 000.”

Agt ander verdagtes is in die Seshego-, Lephalale-, Modimolle- en Thabazimbi-polisiëringsgebied vasgetrek vir die besit van dwelms. Die verdagtes is tussen 20 en 52 jaar oud.

“Tydens die operasie is daar beslag gelê op dwelms ter waarde van R11 475 en kontant van R8 050,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe is daar in die Groblersdal-omgewing nog ʼn verdagte vasgetrek vir die besit van dagga ter waarde van R2 000.

Al dié verdagtes sal binnekort in landdroshowe in dié provinsie verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bok ·

Hoe vinnig gaan die dockette vegraak????
Sal daar ooit genoeg bewyse oorbly om skuld te bewys?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.