10 jaar agter tralies vir prokureur wat bedrieg

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Anne Johanna Swanepoel (47) is Donderdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Gqeberha in die Oos-Kaap gevonnis op aanklag van bedrog, diefstal en minagting van die hof. Swanepoel is 15 jaar tronkstraf opgelê, waarvan vyf jaar vir vyf jaar opgeskort is. Sy sal dus effektief 10 jaar agter tralies deurbring.

“Swanepoel was voor 27 Augustus 2015 ʼn toegelate prokureur wat haar eie praktyk kon bedryf,” sê kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke). “Die Oos-Kaapse hooggeregshof het egter op 27 Augustus 2015 beveel dat sy van die prokureursrol geskrap moet word, omdat sy by bedrog betrokke was as praktiserende prokureur.”

Tussen 27 Oktober 2015 en 5 Desember 2017 het Swanepoel egter geld van kliënte ontvang wat in die hof verteenwoordig moet word. “Sy het nooit haar status aan die kliënte bekendgemaak nie en hulle was dus teleurgesteld toe sy hulle nie in die hof kon verteenwoordig nie of iemand anders gestuur het om hulle te verteenwoordig.”

Die kliënte het ʼn klag by die hof vir ernstige handelsmisdaad in Gqeberha aanhangig gemaak en Swanepoel is op 26 Oktober 2018 in hegtenis geneem.

“Sy het dieselfde dag vlugtig in die hof verskyn en is vrygelaat op borgtog. Die ondersoek het onthul die kliënte is uit kontant van meer as R33 000 bedrieg.”

Ná ʼn rits verskynings in die hof is Swanepoel uiteindelik op 9 Desember 2021 skuldig bevind en gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Magda ·

Mooi man, almal wat geld neem wat ni joune is ni, shame on you en julle kry net wat julle verdien.

Tiptol ·

Wanneer gaan al die politici agter tralies sit vir die miljoene wat weg is.

Staal ·

Ja, wonder hoe lank moet Zuma dan sit. Tien jaar vir R33000. Doen self die sommetjies!!

Nie Verbaas ·

Weereens, klein vissie vir R33000 effektief 10 jaar. Groot visse in die regering met biljoene se korrupsie se sake sloer en gaan maar net aan. Sê baie van ons regstelsel en meerderheid onbevoegdes wat dit dryf.

Di ·

“Sekere” in hierdie land is mos onaantasbaar!!! As jy ‘n ANC Kader is kom jy weg met als, korrupte spul

Frederik C ·

10 Jaar vir R 33 000 ??? Dan sal Zuma, as hy oor 20 jaar al gevonnis word, seker 100 jaar kry.

Johanna ·

Dit gaan nie so lekker gemaklik in die Gevangenis wees nie. Sweetie wat n prokureur geword het “Mens moet werk vir jou geld”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.