10-jarige beseer toe hy van hond vlug

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 10-jarige seun van Durban in KwaZulu-Natal het Donderdag ernstige beserings opgedoen toe hy van ʼn hond weggehardloop en van ʼn 2 meter hoë muur afgespring het.

“Die kind het op ʼn metaalstaaf beland en dit het deur sy voet gesteek,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê.

Die voorval het in Bonela, Durban, plaasgevind.

“Paramedici het die kind verdoof voordat reddingsbeamptes meganiese toerusting gebruik het om die metaalstaaf te sny.” Paramedici het daarna die kind na ʼn hospitaal geneem. “Chirurge het die oorblywende gedeelte tydens ʼn operasie uit sy voet verwyder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.