10-jarige ernstig beseer in veldfietswedren

(Foto: ER24)

ʼn Tienjarige seun is ernstig beseer toe hy glo met ʼn ander motorfietsryer op ʼn veldmotorfietsbaan (motocross) in Sasolburg gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het die seun vroeg Sondagmiddag aangetref waar hy op die baan gelê het. Sy pa het langs hom gesit.

“Paramedici het die seun ondersoek en gevind dat hy ernstige kopbeserings opgedoen het en in ʼn ernstige toestand was.

“Hy is behandel, medikasie teen pyn gegee en daarna deur ʼn private mediese helikopter na ʼn hospitaal vir dringende behandeling geneem,” het Meiring gesê.

“Daar word verstaan dat ʼn ander ryer met die kind gebots het terwyl hulle op die baan was.”

Meer besonderhede oor die voorval is nie in hierdie stadium beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JohanEtz ·

Nêrens word aangedui hoe groot die veldfiets is nie? Sa het kampioenjaers wat jonger as 10 jr is met 125cc fietse….

Onnie ·

Maar n kind van 10 is nie opgewasse om te weet hoe om n ongeluk te vermy of hoe om vinnig op te tree in so n situasie nie. Plus hul lyfies is nog so Klein en broos

Cherokee ·

Shame.. hopelik ‘n helmet gedra. Klink asof die kind nie (eens) skuldig is daaraan. Hoop hy herstel sonder nagevolge.
(ek wou nou risiko(s) vergelyk, maar toe besef ek dat ek op daardie ouderdom jong perde getem het, wat miskien dieselfde is.)

JohanR ·

Ek dink by motocross kan jy net ‘n seker cc motorfiets op ‘n sekere ouderdom op ‘n baan ry. Dit klink hier na ‘n botsing tuseen twee ryers. Kan die seun net alle sterkte toe wens.

PieterP ·

Sterkte boeta, hoop jy word gou beter! Dit bly maar lekker, jy is een van die dae terug op jou masjien.

Ansie ·

Baie sterkte aan die seun en sy geliefdes. Ek bid vir sy volkome herstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.