10-jarige meisie verdrink op Nuwejaarsdag by Strand

Strand (Foto: Lima Charlie 1/Facebook)

ʼn 10-jarige meisie van Stellenbosch het op Nuwejaarsdag by Strand in die Wes-Kaap verdrink.

Alan Meiklejohn, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Gordonsbaai, sê die span is Saterdagoggend na die toneel ontbied ná ʼn 10-jarige meisie in die water verdwyn het.

“Die seereddingsvaartuie het in die rigting van die seestrome gesoek toe ʼn inwoner in ʼn woonstelblok, oorkant die strand, die meisie in die water opgemerk het. Dit was ʼn entjie vanwaar sy laas in die water gesien is.”

Die reddingsvaartuig het ook in daardie stadium al hoe nader aan die betrokke gebied beweeg en NSRI-beamptes het haar lewelose liggaam in die water opgemerk.

“Sy is uit die water gehaal en na paramedici op die strand gebring, maar sy is ongelukkig dood verklaar.”

Meiklejohn sê die NSRI betuig sy innige meegevoel met die familie van die meisie. Haar liggaam is aan die Wes-Kaapse patologiediens oorhandig. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.