10-jarige met outisme word vermis

Katlego Joja (10)

Katlego Joja, ʼn 10-jarige wat met outisme gediagnoseer is, word al vier dae lank vermis.

Katlego is laas op Donderdag, 3 Mei, by haar huis in Mamelodi, Pretoria, gesien. Sy het ʼn oranje baadjie, pienk trui, pienk spanbroek en pienk tekkies aangehad.

Sy is slank gebou en ongeveer 1.3 meter lank.

Enigiemand wat haar gewaar of weet waar sy haarself bevind word versoek om die Mamelodi-speurders te kontak by 012 812 9065/9061.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Stop alle misdaadbeskermhere ·

Ons moet GEEN meer verdraagsaamheid he met enigiemand wat by enige vorm van misdaad betrokke is of wat misdadigers beskerm nie. Geen meer sagte landroste, geen meer sagte howe, geen meer misdadigerregtevegters wat ons regte inperk ie. Die mense moet opstaan teen misdadigers en die ANC wat hulle somberskerm en self groot misdadigers is. Klaar met kinderontvoerders. Geen genade met die wat vir haar vermisting verantwoordelik is.

Elle ·

My liefste Katlego-kind, ek bid tot God dat jy veilig gevind word.
Ek het ook ‘n Outistiese kind. Wat ook al “weggeraak” het toe ek by die werk was.
Dis ‘n ouer se grootste nagmerrie!
En my volk, wit en swart en bruin. Staan saam.
Bid asseblief saam dat sy ongedeerd gevind word.

madels ·

Here ons vra U asb om hierdie dogtertjie veilig vir haar ouers terug te besorg. Mag U beskerm engele om haar staan ….

Elvira ·

SAP werk asb onverpoosd om hierdie kind op te spoor. Hier moet nou hard opgetree word on hierdie land teen misdadigers en kindermishandelaars. Ons bid vir haar veiligheid.

Tania ·

Dit blyk uit netwerk24 dat hulle die dogtertjie se lyk gekry het. Hoe wreed en onverdraagsaam het die samelewing geraak. Geen omgee of verdraagsaamheid teenoor ‘n kind

jaco ·

wanneer n wit kind weg is, berig maroela baie meer volledig daaroor en is die kommentare bestaande uit ondersteuning aan en kritiek op die ouers en polisie, BAIE meer as in hierdie geval. En dan kla mense gedurig op die einste Maroela oor “dubbele standaarde” van die ANC…

Cathy ·

Die ander medie berig nie hoegenaamd eers oor misdaad teen wittes nie, baie dankie jaco.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.