10-jarige op snelweg doodgery

netcare911 1

ʼn 10-jarige skoolseun is Dinsdagoggend glo deur ʼn minibustaxi doodgery toe hy die M13-King Cetshway-snelweg in Pinetown, KwaZulu-Natal, wou oorsteek.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die seun was omstreeks 07:15 op pad skool toe, toe die ongeluk plaasgevind het. “Volgens berigte het die seun uit ʼn minibustaxi geklim en oor die snelweg gehardloop toe hy voor ʼn ander taxi beland het,” het Botha gesê.

Die seun was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Dit is in die stadium nie bekend van watter skool die leerling is nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.