Die 10-jarige Divenette Streicher van Pretoria wat al maande lank om haar lewe in ’n hospitaal veg, moes Maandag vir die 15de keer terugkeer na die teater sodat haar wond met steke vernou kan word.
“Die dokter het nou die onderkant van haar wond nader aan mekaar getrek. Die wond het, net uit die Here se genade, ook self kleiner begin groei, maar gister het die dokter steke ingesit wat die vel nader aan mekaar moet bring,” het Divenette se ma, Minette, aan Maroela Media vertel.
Divenette is sowat vier maande terug verkeerdelik gediagnoseer met nierpypontsteking en blaasinfeksie.
Divenette se blindederm is later verwyder, maar dokters het vasgestel dat ʼn bakterie in haar ingewande haar dik- en dunderm begin aantas het. ʼn Gedeelte van haar dikderm is verwyder, maar Divenette het meer pyn ervaar en haar toestand het nie verbeter nie. Sy het ʼn groot wond in haar buik en van haar derms is buite haar lyf.
Volgens Minette is Divenette tans in die hoësorgeenheid van die hospitaal en in isolasie geplaas, nadat haar derms ʼn “vriestoestand” ingegaan het.
“Divenette se buik is steeds gevries. Dit beteken dat die dokters glad nie aan haar derms kan werk nie – tot die derms vanself ‘ontvries’. Die dokter het gesê dit kan enigiets van ses maande tot ʼn jaar duur, ons kan nie ʼn tyd daaraan koppel nie,” het Streicher gesê.
Steicher het gesê die steke is in, maar nou moet hulle hoop dat infeksies wegbly.
“Daar is gal wat deur haar derm in die wond in lek, so ons hoop en bid nou baie hard dat geen infeksie voorkom nie, en dat die steke nie die wond of die vel irriteer nie.”
Weens die steke ervaar Divenette erge pyn, maar Streicher sê haar gemoedstoestand is goed.
“Sy lyk beter as wat sy voorheen gelyk het. Sy sien ook ʼn sielkundige, wat bietjie met haar werk. So, haar gemoedstoestand is goed.”
Streicher beplan verskeie konserte ten bate van Divenette om geld in te samel vir haar mediese onkoste. Sy sê skenkings is tans stil, maar sy glo die Here sal voorsien dat geld inkom. Vir meer inligting, besoek haar Facebook-blad hier.
Lees meer oor Divenette hier.
Mag die Here jul oorvloedig seën, en sy gou herstel.
Here ek plaas hierdie pragtige kind in n hande genees haar volkome asb. God U het my aangeraak en besig om te genees ook deur n bakteria. Ek pleit die bloed van Jesus oor haar. Sterkte aan die ouers en familie. Bly glo en vertrou op God. AMEM.
Amen.
Amen
sterkte aan jou divenette vir ‘n volkome genesing
sterkte ook aan die streicher familie, ek bid saam met julle
PS: MM sien onderste foto, van kort die r en ook “lees meer oor divenette R hier”
Dagsê leser
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die vingerfout, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Tania nms Maroela Media
Hoop sy word gou beter..lees ek reg sy is verkeerdelik gedianoseer en nou moet sy di pyn verduur so jammer vir haar.Hoop nie dis studente wat op haar geoppereer het het ai die arme kind.
Bid vir n spoedige en algehele herstel…
STERKTE
ABBA VADER…ons vra Heer U seën en genade oor Divenette!
Troos haar en vee die trane af,
genees haar kleine lyfie van pyn.
Waak oor haar dag en nag!
Pop ons dink aan jou!
Byt vas, Jesus is met jou in elke tree!
Kyk hoe gaan die Here hier werk! Hy gaan wonderwerk op wonderwerk doen. Dankie Here alle eer aan U
My hart het so pas gebreek.
YASHUA is steeds die Groot Geneesheer en niks is vir Hom onmoontlik nie!! Mag hierdie pragtige kind SY ontferming ontvang en mag SY Genesende Hand haar aanraak vir spoedige, volkome genesing!! Amein!
Amen!
My mamma-hart wil breek oor hierdie kind se swaarkry.
Here, as dit U wil is, maak haar asb gesond. Dra haar asb en haar liefmense asb deur hierdie moeilike tyd.
Ons bid saam met die gesin. Glo my wonderwerke is nog steeds moontlik. Ons kan getuig daarvan.
Hartverskeurend vir ouers om jou kind so te sien. Bid vir volkome genesing.
Skies tog , niemand kort sulke pyn nie. Hoop jy word gou beter
U kind sal genees. Geseënde dag.
Niks so sterk soos gebed nie. Byt vas en glo sy sal gesond word.
Mag die Vader hierdie dogter se siekte genees. Sterkte aan die ouers wat saam ly! Het sy spesialiste wat na haar omsien? Veral omdat sy so foutief gediagnoseer is!! Is sy weg by die plek waar daar so ‘n reuse fout gemaak was???
Mens kry sommer self seer om aan haar pyn te dink.
Liewe Jesus hou jou styf vas nooi! byt vas
Ek het nog nooit van so iets gehoor nie .. Arme kind, dis verskriklik!
n kind is in pyn en jy worrie oor spelfoute………ai di volmaakte wereld waarin ons lewe ne….