Maj. Mashudu Malelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Vrydag in Maniini naby Thohoyandou plaasgevind. Die 12-jarige seun is op die toneel dood verklaar. “Ons ondersoek ʼn saak van moord,” het Malelo gesê.
Die verdagte, wat nie in aanhouding is nie aangesien hy minderjarig is, word deur ʼn beampte van korrektiewe dienste geëvalueer. Volgens Malelo het niemand nog eienaarskap van die vuurwapen wat in die skietery betrokke was geëis nie. Die wapen is vir ballistiese toetse gestuur.
Waarom hom vervolg? Hy is minderjarig en kan nie tronkstraf uit dien nie. Merk hom vir volgende oortreding as hy mederjarig is.
Vind en vervolg die eienaar van die vuurwapen. Ek sal nie verbaas wees as dit gesteel is nie, moontlik los dit sommer twee misdade op een slag op.
Natuurlik is die baas van die (gesteelde?) vuurwapen ook nou dood.
Goeie aarde dis erg, so jonk, 10 jaar. Ek dink die omstandighede waarin vandag se kinders groot word, met al die misdaad, geweld, programme op TV en TV speletjie laat moord na sommer niks lyk nie, en op daardie ouderdom waar hulle nog nie regtig die inpak van goed besef nie. Kinders word regtig in n vreeslike tyd groot en dis ook nie n grap om hulle groot te maak met al die goed wat n invloed kan hê nie. Ek weet nie wat hier gebeur het nie, miskien wou hy net die geweer wys en toe gaan die ding af, maar kinders word regtig deesdae blootgestel aan aaklige goed wat ek glo n invloed op hulle ontwikkeling kan hê.
Hoop hulle kom agter aan wie die geweer behoort, want dit was regtig agterlosigheid. Stem saam met Hendrik, sal my ook nie verbaas as dit gesteel is nie, miskien was die oom of pa nog betrokke by n ding of twee waar die geweer vandaan kom.
waar is die valke
onwettige vuurwapen ne Seun gaan net se hy het gun in veld opgetel En o ja die valke vlieg nog in Parys rond om onskuldige dooie skelms te help