10-jarige van Pretoria al week lank soek

Johannes Venter van Pretoria-Noord word reeds sedert Dinsdag 30 Oktober vermis. Pamflet: Pink Ladies

ʼn Tienjarige seun van Pretoria-Noord word steeds vermis nadat hy op 30 Oktober laas gesien is.

Dessie Rechner van die organisasie Pink Ladies, ʼn organisasie wat dit daarop toespits om vermiste mense op te spoor, sê Johannes Phillip Venter se ouma het hom ʼn week gelede na sy skool, die Laerskool Voortrekker Eeufees in Presidentstraat, geneem, maar hy het geen van sy klasse daardie dag bygewoon nie.

Volgens Rechner het sy pa hom na bewering by die skool kom haal, waarna hulle saam in ʼn Shoprite in Pretoria-Noord gesien is. Venter het ʼn groen skoolsak met ʼn wapen daarop by hom gehad.

Venter se ma is oorlede.

Rechner sê dis “ʼn ingewikkelde geval” en al wat sy in dié stadium bekend kan maak, is die inligting wat op hul strooibiljet van die vermiste seun verskyn. “Ek hoop regtig ons spoor hom op.”

Venter is betrokke by die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort se Koningskinders-evangelisasie-aksie vir kinders van die omgewing. Lidmate gaan haal die kinders Sondae by hul huis vir die erediens en katkisasie, een keer per maand is daar ’n spesiale aksie en jaarliks word ’n groot kamp gereël.

Volgens Rechner word die saak ook deur die polisie ondersoek.

Enigeen met inligting oor waar Venter hom bevind, kan die polisie van Pretoria-Noord by 082 319 9798 of Pink Ladies by 072-214-7439, 083-378-4882 of 086-001-0111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

belinda ·

verstaan nie lekka ni, ouma laai hom by skool af, pa kom laai hom weer op, maar glad nie klasse bygewoon ni, in wie se sorg was die seuntjie ?

yolanda ·

Duidelik in ouma se sorg na ma oorlede is en pa het hom sonder toesteming gaan oplaai,,

Piet Snot ·

Hoe kan dit verkeerd wees dat ‘n pa sy kind kom wegvat (al sê hy niks vir niemand nie – dis bloot slegte maniere, nie onwettig nie).
Tensy ‘n kinderhof die seuntjie in sy ouma se sorg geplaas het, is sy pa mos sy voog, en is Pappa die een wat die besluite maak.
Is ek verkeerd?

Johnnie ·

Wat ek nie kan verstan nie is waar is die pa en hoekom weet hulle nie waar dat hy hom bevind nie. Die ouma behoort mos al die pa se inligting te he.

Ek dink ·

As die omstandighede “ingewikkeld” is, is dit onwaarskynlik dat die ouma enige besonderhede oor die pa het. Ek hoop maar net die pa kyk mooi na die kind en doen nie iets aan hom nie. Dit sal wonderlik wees as hy net vir die ouma kan laat weet dat die seuntjie veilig is.

LATIE ·

sy pa moes die kind gevat hoe so dat hy nog nie eers klas bygewoon nie en hoe lewer die ouma af net daar kar deur uitklim en koebaai dis

Piet ·

yes Latie, sy pa het die ouma die te laat by die skool los gedit se watsenaam

Ann ·

Weet jy wat … dit kan wees dat die pa dalk daar was na ouma die seun afgelaai het. Sy ry, hy klim uit, gaan by die hek in en gaan haal die kind by sy klas.
Dink logies, man! Moenie oordeel as jy nie die omstandighede ken nie!

belinda ·

dink die kind was in die ouma se sorg, maar die pa het nie daarvan gehou nie, duidelik n slang in die gras

christa ·

ek glo die kind is veilig. Dit bly die pa se kind. Hy moet net mooi na die kindjie kyk.

koos1 ·

Kon die pa miskien sy kind ontsê word? Ons weet nie wat die omstandighede is nie, maar net een boodskap dat die kind veilig is, sal baie help.

Jan makatan ·

Jy is heeltemal reg. Hy kan die ouma net bel dat die kind self vir haar kan sê hy is veilig.

Santi ·

HY IS NOG DIE HEELTYD BY SY TANNIE / OUMA. Kyk haar comment op die Pink Ladies foto van hom en op haar profile het sy tot ‘n foto gepost. “Alet Li – Mense johan is veilig by my. Sy pa is opad pretoria toe om als te gan uit sorteer.

Liezl ·

Hasie, hoekom is jou stert so kort….haha. Ja, dis maar ‘n ou kort storietjie. Klink my die kind is dan nou tog by sy ouma.

Jan makatan ·

Jy is heeltemal reg. Hy kan die ouma net bel dat die kind self vir haar kan sê hy is veilig. Nog n storie qat gaan eindig met “die familie vra dat hulle privaatheid gerespekteer word.”

Ricksie ·

Latie,
Ongelukkig sien mens dit baie gebeur. My seen is die begin van die kwartaal op ‘n skool toer maar hulle is Maandag al weg en skool het eers Dinsdag begin. Terwyl die skool die kinders reg kry om in die busse te klim kry hulle ‘n Gr R leerling rond dwaal in die skool terrein. Mamma het hom net by die hek afgelaai en gery. Hy ken nie haar nommer of niks nie. Skool moes reel dat kantoor oop kom dat hulle kan probeer kyk wie is die kind se ourers.

DS ·

Latie Meeste/Baie ouers bly in karre sit terwyl kinders by skool terrein in loop. Wat is die probleem met die ouma wat dieselfde gedoen het?

Riaan ·

Dankie Hennie. Sien nou eers jou kommentaar. Die pa se naam is ingewikkelde geval.

Riaan ·

Interessante berig. Blykbaar weet niemand wat die pa se naam is nie.

Lizette ·

Daar is n rede waarom die seun in sy ouma se sorg geplaas was. Hierdie pa wat daai kind ontvoer, uit die skool hou en hom wegsteek sodat niemand hom kan vind nie. Ek hoop hy word gou gevind en dat hy veilig is en daar op getree gaan word teenoor daardie onverantwoordelike pa.

Tammy ·

As hierdie pa n pa genoem kan word sou die kind nadat die moeder oorlede is by sy pa gebly het en nie by sy ouma nie. Hier is meer verkeerd as wat hier gese word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.