10-jarige verdrink in dam

Argieffoto

ʼn 10-jarige seun het in die Smithfield-dam in die Vrystaat verdrink.

Volgens sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, het ʼn groep seuns Dinsdag in die dam geswem. Een van die seuns het in die moeilikheid beland en sy vriende het hulp ontbied.

Ngcukana het gesê die polisie was vinnig op die toneel en het die vermiste seun se klere langs die dam gevind. “Polisieduikers is ontbied en hulle het binne minute die seun se liggaam gevind. Sy liggaam is uit die dam verwyder en hy is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Ngcukana word ʼn geregtelike doodsondersoek gedoen. Die polisie het ouers gemaan om ten alle tye te sorg dat hulle weet waar hulle kinders is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Buitestander ·

Ongelukke gebeur en jy kan niks daaraan doen nie!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.