10-jarige verdrink in kompleks se swembad

(Foto: Netcare 911)

ʼn 10-jarige meisie het Vrydagaand in die swembad van ʼn kompleks in Umhlanga, KwaZulu-Natal, verdrink.

Met paramedici se aankoms op die toneel kort ná 19:00 is die meisie reeds uit die water gehaal, het Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, gesê.

Sy het egter geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie duidelik nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Perdeby ·

Die komplekse se reels gewoontlik baie duidelik dat almal op eie risiko swem en kinders mag nie sonder ouer toesig daar wees nie.

Saartjievandiebosveld ·

Dit gaan oor…daar was geen toesig gewees.
Daar moet ‘n volwasse persoon wees om toesig te hou..al kan die kind hoe goed swem.

Maggies ·

Dit is vreeslik hartseer. Waar was die ouers? Swembaddens by komplekse het gewoonlik ‘n sekere ouderdomsgroep vir kinders wat sonder toesig mag swem.

Heinrich ·

Baie hartseer, wonder waarom sy op 10 nog nie kon swem nie.

Casper ·

Die hoekoms en waaroms gaan nie haar lewe terugbring nie.Vrae gaan daar baie wees maar geen antwoorde nie.Die dood swyg soos die graf.Ja ou aarde,wat is jou waarde,’n hopie grond en ‘n gat in die aarde.Sterkte aan die familie in hierdie hartseer tyd.

AmY ·

Hier by ons kompleks gaan dit net so rof. Geen ouer wat toesig hou. Kinders doen net wat hulle wil.

Andries ·

Dit is duidelik in ons kompleks se reëls ingeskryf dat kinders onder 10 nie sonder volwasse toesig die swembad mag gebruik nie en tog steur ouers hulle nie daaraan nie. Verwag dikwels dat ‘n ouer sibbe toesig moet hou. Dit is nie ‘n volwassene nie.
Ek is baie jammer vir die ouers van die dogtertjie en kan my nie in hulle hartseer indink nie. Dit is egter jammer as ‘n mens so ‘n hoë prys moet betaal as jy dink dat reëls vir ander bedoel is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.