ʼn 10-jarige meisie het Vrydagaand in die swembad van ʼn kompleks in Umhlanga, KwaZulu-Natal, verdrink.
Met paramedici se aankoms op die toneel kort ná 19:00 is die meisie reeds uit die water gehaal, het Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, gesê.
Sy het egter geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.
Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie duidelik nie en word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Nou gaan dit ook seker die kompleks se skuld wees!!!
Hartseer
Dit gaan oor…daar was geen toesig gewees.
Daar moet ‘n volwasse persoon wees om toesig te hou..al kan die kind hoe goed swem.
Ouers moet na hulle omsien.
Dit is vreeslik hartseer. Waar was die ouers? Swembaddens by komplekse het gewoonlik ‘n sekere ouderdomsgroep vir kinders wat sonder toesig mag swem.