10-jarige vermis in see

Foto: NSRI

ʼn Jong seun word vermis in die see by Gansbaai. Dít nadat hy vermoedelik van ʼn muur in die hawe geval het terwyl hy saam met maats visgevang het.

Deon Langenhoven, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) by Hermanus, het Woensdag gesê polisieduikers is steeds op soek na die 10-jarige seun wat vermis word. Die NSRI is Woensdag 16:44 oor die voorval ingelig.

“Dit lyk of die seun in die water geval het net toe hy en sy vriende gereedgemaak het om terug te keer huis toe. Hy het vermoedelik gegly en in die water geval,” sê Langenhoven.

Die NSRI, Wes-Kaapse nooddienste en die polisie het op die noodoproep reageer en ʼn soekgeselskap, onder wie duikers, is ontplooi.

“ʼn Omvattende soektog is onderneem, maar reddingswerkers kon nog geen teken van die kind kry nie. Polisieduikers gaan voort met die soektog,” sê Langenhoven.

“Ons gedagtes is met die vriende en familie van die vermiste kind in hierdie moeilike tyd,” sê Langenhoven.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.