10-jarige vermis

Lufuno Makhari (Foto: Verskaf)

Die polisie is op die spoor van ʼn jong seun van die Lufule-nedersetting, digby Thohoyandou in Limpopo, wat die afgelope naweek as vermis aangemeld is. Die seun kan nie praat nie.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die 10-jarige Lufuno Makhari is Saterdag die laaste keer deur sy voog gesien. Sy voog het dorp toe gegaan en hom glo by die huis saam met sy suster en die verwer gelos.

Ngoepe sê toe die voog later die middag terugkeer huis toe, was Makhari skoonveld.

Makhari het ʼn groen sweetpak, maroenkleur tekkies en ʼn swart baadjie aangehad op die dag van sy verdwyning.

“Enigiemand met inligting wat die polisie kan help om Makhari op te spoor, word versoek om sers. Khorombi Patrick Mantlhakga by 060 770 0002 of 015 963 8034, of die misdaadnommer by 10111 te bel,” sê Ngoepe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Onnie

Het iemand al die “verwer” opgespoor en ondervra? Daar is siek mense daar buite, wat “normaal” lyk en “normale” werke doen, wat donker denke koester. Ek dink nie dis ‘n goeie idee om jou kinders alleen by die “nutsman” te los terwyl jy winkel toe gaan nie. Ek sou dit nie doen nie – dalk was daar “omstandighede”, maar steeds… die wêreld is siek