10-jarige vermoor toe sy wou gaan skyfies koop

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 28-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 10-jarige meisie in Ventersdorp in Noordwes.

“Die meisie het Sondag glo haar pa vir geld gevra om skyfies te gaan koop en die verdagte het saam met haar winkel toe gestap,” het sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, Dinsdag in ʼn verklaring gesê. “Die verdagte het omstreeks 23:00 teruggekeer en die pa van ʼn onbekende bedrag geld en ʼn selfoon beroof.”

Die verdagte wou nie ʼn woord sê toe die pa wou weet waar sy kind is nie.

“Die polisie is in kennis gestel van die voorval en het die man Maandag in hegtenis geneem,” het Moleko bygevoeg. “Die verdagte het die polisie gewys waar die kind se liggaam is. Sy is erg geslaan en het nie haar T-hemp aangehad nie.”

ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal en te bevestig of sy verkrag is.

Die man sal na verwagting Woensdag in die Ventersdorp-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.