ʼn 40-jarige man van Zimbabwe is in hegtenis geneem nadat ʼn 10-jarige meisie glo Saterdag uit haar huis in Louis Trichardt ontvoer is.
Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie in Limpopo, het gesê Merit Nyakumba is Sondag, op Kersdag, in Musina gevind toe sy omstreeks 14:00 van die man kon vlug. Die meisie kon lede van die gemeenskap kontak en hulle het die man aangekeer en die polisie ontbied.
“Sy is na ʼn hospitaal geneem en is intussen ontslaan,” het hy bygevoeg.
Die verdagte het op Oukersdag die gesin se huis in Louis Trichardt betree onder die voorwendsel dat hy op soek is na akkommodasie. Die gesin het selfs vir hom kos aangebied. Die man is daarna weg.
Volgens inligting het hy Merit weggelok en gesê hy sal vir haar lekkergoed koop. Dit is die laaste keer wat Merit gesien is. Sy het ʼn groen-en-pienk-rokkie aangehad.
Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie, maar die polisie ondersoek alle moontlikhede, het Mojapelo gesê.
Ai die ouers moet hulle oë oopmaak en nie almal vertrou nie
Jaag die buitelanders weg
Muni vrygewig wees nie. Jaag vreemdelinge en waarsku jou kids om nix by vreemdelinge te neem ni
Hy’t haar weggelok en haar lekkergoed belowe maar – “Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie”.