10 kg vlieë aan Tshwane-metro oorhandig

Foto: Jhua-nine Wyrley-Birch

Foto: Jhua-nine Wyrley-Birch

Lede van AfriForum se Apiesrivier-tak het sowat 10 kg vlieë, rioolafval en ʼn memorandum by die Tshwane-metro se hoofkantoor oorhandig.

Dié aksie volg nadat onbehandelde riool by die Rooiwal-rioolwerke grootskaalse besoedeling veroorsaak het en gevolglik die Apiesrivier en die ondergrondse water in die omliggende landelike gebiede besoedel het.

Boonop dien die ongeveer 100 hektaar grond waar die onbehandelde slik gestort word as ’n ideale broeiplek vir vlieë, wat volgens die burgerregte-organisasie ’n groot gesondheidsrisiko vir inwoners en die omgewing inhou.

Lede van die Tshwane-metropolisiediens (TMPD) het dié memorandum, waarin ʼn aksieplan vereis word, namens die munisipale direksie ontvang.

Roelof van der Walt, woordvoerder van AfriForum, het gesê die emmers vlieë is simbolies van die plaag wat onstaan het as gevolg van die rioolstorting.

Foto: Jhua-nine Wyrley-Birch

Foto: Jhua-nine Wyrley-Birch

“Ons wil die Tshwane Metro simbolies konfronteer met dit waaraan inwoners van die Apiesrivier-omgewing elke dag aan blootgestel word.” Volgens Van der Walt is die saak reeds in 2011 by die munisipaliteit aangemeld.

“Die saak sloer nou al ʼn geruime tyd. Op ʼn stadium het die munisipaliteit ʼn korttermynoplossing probeer implementeer, maar dit was egter nie volhoubaar nie. Die probleem het intussen baie vererger en benodig dringende ingryping.”

Van der Walt sê voorts dat die lae lewensgehalte wat die landelike gemeenskap tans ervaar, aan swak munisipale bestuur toegeskryf kan word. Hy meen dat toerusting en masjinerie wat buite werking is van die grootste bydraers tot dié grootskaalse besoedeling is.

“Die besoedeling raak ʼn groot hoeveelheid mense en inwoners van die omliggende landelike gebiede trek die swaarste. Dit is ook ʼn bedreiging vir diere en die omgewing.”

Die burgerregte-organisasie eis dat die munisipaliteit binne sewe dae op die memorandum moet reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Tshwene ·

Hulle sal nie reageer omdat hulle nie weet wat om te doen nie en hulle het ook nie die wil om iets te doen nie. Hulle reageer net as iets iewers aan die brand gesteek word of in die geval waar redelike mense betrokke is deur ‘n hofbevel maar hulle is ook altyd traag om laasgenoemde te doen

Stroopsoet ·

Dis mos nou hoe mens ‘n standpunt inneem. Niemand word vermoor, niks word verband of geplunder nie. Goeie werk, bou so voort!!!! Hoop daar word oplossings gebore uit hierdie optrede *.

Magrette Louw ·

waar ek werk het die dronkies altyd naweke hulle drankbottels langs my hek gegooi, toe tel ek eendag al die bottels op en gaan dump die sak voor die drankwinkel wat die drank aan hulle verkoop het. Ek het gesorg dat ‘n paar breek. Twee dae later is daar ‘n drom by my hek neergesit.

alida ·

Mooi so Afriforum leer hulle wat sindelikheid is want dit is duidelik dat daar ‘n gebrek daarvan is. As hulle 10kg vlieë in die winter bymekaar kon maak hoeveel trokke gaan hulle nodig hê in die somer wonder ek. Mens moet dit sommer voor die geagte burgemeester se kantoor gaan stort !!!!!

Waterdraer ·

Dit is net die punt van die ysberg. Die water wat in die grond sypel op daardie 100ha grond veroorsaak baie skadelike grondwaterbesoedeling wat mense wat grondwater gebruik oor n baie groter gebied beinvloed, en selfs nog groter gebied wanneer ver bruisers kos eet wat met daardie water besproei was. Hierdie water bevat hormone, swaer metale en kankerveroorsakende agente en siektes wat dood van baie mense kan veroorsaak. Het iemand al in meer detail hierna gekyk?

E.K. ·

Moes EINTLIK dit op hul lessenare gaan uitsmyt het – sal dalk gouer reaksie kry

Keet ·

Hulle gebruik nie hul lessenare nie, keer dit om in hul take away pakkies dan sal jy reaksie kry

M A ·

Daar moet tog seker iewers ‘n kundige wees wat vir die munisipaliteit ‘n plan aanmekaar kan slaan. Hulle weet klaarblyklik nie hoe om dit te doen nie. ‘n Mens kan sommer ‘n plan met die onkostes ook maak. Al die erfbelasting wat vermors word moet direk in ‘n aparte rekening inbetaal word net hiervoor. Ja, ja, ek weet daar is groot gate in my voorstel maar iemand kan dalk met ‘n beter voorstel kom.

Edward ·

Die riool moet oor hulle fênsie karre gestort word dan sal hulle notisie neem. Oor hulle lessenaar sal nie help nie want hulle kan nie eers meer onthou waar hulle kantore is nie.

Anoniem ·

Hoe wens ek hulle wil by Heidelberg Mall ‘n draai kom maak. In Checkers waar die gaar kos verkoop word, is die kos bakke oop, en daar sit gereeld brommers op die kos, terwyl die verkopers toekyk! Ek gril nou nog!!

neelsie ·

Moenie gaar kos koop nie .
Die standaard is benede afrika!
Skep n kopersweerstand teen die swak toestande.
Een brommer kan duisende maaiers in die kos agterlaat.

Vlieg ·

Afrika standaarde is van so n aard dat vliee nie onaanvaarbaar is nie. Afrika inheemse kennis sluit nie die gesondheidsgevare van vliee en riool in nie, daarom word dit nie ernstig opgeneem nie.

Asjas ·

Help my reg? Het hulle (die ANC), nie so paar jaar terug “kundiges” van ander lande ingevoer om water probleme op te los terwyl kundiges hier in ons land nie werk het nie??

charmaine ·

Ons kundiges sit ongelukkis almal oorsee omdat hulle te wit is en nou weet die wat die werk wou he nie hoe om dit te doen nie en le onder die bome.

rr ·

Dit sal ń siekte soos Ebola vat voor hul sal besef hul kundige werkers sal moet aanstel.

Wern ·

Nie eers nie. Hulle sal dan wag vir hulp uit Europa of Amerika om dit te kom hanteer.

josua keys ·

Die probleem hier is en as ek die foto reg opsom is die klag deur Witmense ingedien, dit beteken dat hier niks van gaan kom nie want witmense kla altyd omdat hulle nie van die regerende party hou nie en sal enige iets opdis om hulle sleg te maak of te laat lyk om stemme te wen, of dit is weer Jan van Riebeech se skuld, om nie eens te praat van apartheid nie!!! Laat die wereld maar sien watse voordeel apartheid tog vir die land beteken het.

Arie ·

Mooi man! Daar moes eintlik lewende vlieë in hulle kantore Vrygelaat gewees het

Heidelberger ·

Ek hoop van harte dat die eienaars van die Heidelberg Mall hierdie skrywe van die winkel in die mall lees EN iets doen.

Vissie ·

‘n Paar kilogram rooimiere sou nogal baie gou die amptenare se aandag getrek het!

Wim Kotze ·

AfriForum sal moet lig loop. Ramagopa sal hulle aankla omdat hulle sy troetelinsekte dood gemaak het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.