10 lede van 2 gesinne sterf in huisbrande

Die gesin se huis in die Ciko-nedersetting in Willowmore. (Foto: Verskaf)

Altesaam tien mense het Donderdag in die vroeë oggendure in huisbrande in twee provinsies omgekom.

Sewe lede van een gesin het vanoggend in ʼn nedersetting in Willowmore in die Oos-Kaap in ʼn brand gesterf.

Volgens brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, is die polisie omstreeks 04:00 na ʼn brandende huis in die Ciko-nedersetting ontbied.

ʼn Voorlopige ondersoek toon dat ʼn 56-jarige ma en haar ses kinders in die gesin se huis gelê en slaap het toe die brand ontstaan het. Een van die kinders was 28 jaar oud terwyl die ander kinders se ouderdomme strek van drie tot 14. Twee van die jonger kinders was ʼn tweeling, het Kinana gesê.

Twee mans in ʼn naburige huis het vroegoggend ʼn geskree gehoor. Hulle het ondersoek gaan instel en die huis in ligte laaie aangetref. Nie een van die lede van die gesin kon gered word nie en almal het in die brand omgekom.

Die lede van die gesin is in dié stadium nog nie geïdentifiseer nie. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek, het Kinana gesê.

In nóg ʼn voorval het drie lede van ʼn gesin vanoggend in ʼn huisbrand in Soweto in Johannesburg gesterf.

ʼn 29-jarige ma en haar twee kinders, onderskeidelik een en drie jaar oud, het vermoedelik weens rookinaseming gesterf nadat ʼn brand in hul huis in Rockville uitgebreek het.

Volgens Robert Mulaudzi, woordvoerder vir die Johannesburgse nooddienste, het die voorval ook omstreeks 04:00 plaasgevind.

Die slagoffers is op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van die brand word ondersoek.

Mulaudzi het ʼn beroep op die publiek gedoen om nie verwarmers wat moontlik brande kan veroorsaak sonder toesig aan te laat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Genieve ·

Nee dis te erg wat gaan deesdae met die huisbrande aan dis iets verskriklik 10 mense???

ne ·

Dis koud hulle sal enige iets doen vir ‘n bietjie hitte en nie aan brand dink nie.

GM ·

@Ongelooflik – die mense wat nie nodig het om vir dienste te betaal nie, en huise en grond verniet kry. Die res van ons is die eintlike armes.

Koos de Meyer. ·

Hulle kan want elke kind kry mos R420 van die staat. Nogtans hartseer, hoe erg moet dit wees om dood te brand

GM ·

R.I.V. Wat ‘n wrede dood om te sterf. Die kinders het nie gevra om in sulke omstandighede gebore te word nie. Mens sal dink dat as jyself swaar grootgeword het, dat jy nie soveel kinders aan dieselfde omstandighede (of erger) sal wil blootstel nie. As jy graag kinders wil hê, ten spyte van jou omstandighede, kry een, en sorg goed vir daardie een, nie 6 nie. Maar wie is ek om te oordeel?

GM ·

Jip, Koos, plaas die regering wegdoen met die toelaes en dit net gee aan ou mensies, gestremdes en wesies. Maar ek hoor baie stories van ma’s wat allerhande goed doen tydens swangerskap om die kanse te verhoog dat kind gestrem gebore word. So mens kan nie wen nie. Ons moet net aanvaar…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.