10 punt-voorkomingsplan vir kampusse

Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug

Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug

AfriForum Jeug het vandag ’n Nasionale Voorkomingsplan vir kampusse regoor Suid-Afrika bekendgestel. Hierdie plan kom na geweld verlede week by die Elsenburg Landboukollege in Stellenbosch geheers het, asook na dreigemente van soortgelyke geweld by ander kampusse regoor Suid-Afrika.

“Ons glo dit is beter om voorsorg te tref en planne in plek te hê, sou daar soortgelyke optogte by ander universiteite plaasvind,” het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

Die plan bestaan uit tien aksies wat by sewe tersiêre instellings uitgevoer sal word. Dit sluit in:

• Die opstel van reaksieplanne wat uitgevoer sal word indien gewelddadige betogings uitbreek;
• Die gebruik van privaat veiligheidsmaatskappye om studente se regte te beskerm;
• Aksies vir die behoud van Afrikaans; en
• Opleiding in studenteregte en selfverdediging.

ʼn Paar van die planne is reeds vandag sigbaar. Briewe is gestuur aan die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande en die minister van landbou, bosbou en visserye, mnr. Senzeni Zokwana.

“Met die toepassing van die voorkomingsplan, wil ons, sover moontlik, saam met kampusse se sekuriteit en bestuur werk, maar ons sal nie skroom om studente se veiligheid en regte self te beskerm nie,” het Maree gesê.

Klik hier om die volledige voorkomingsplan te lees.

’n Kort video in reaksie op die “Luister”-video, vervaardig deur die Open Stellenbosch-beweging, is ook te sien op AfriForum se YouTube-kanaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Manie ·

Baie bly om te sien afrijeug kom op vir die aanslag op afrikaans van die liberale rassiste. Het van dag een gese sogenaamde “luister”video is gemaak deur rassiste. Kyk maar na die reaksie van die minister en die rektor. So reg in die kraal van die met ver linkse politieke bande wat afrikaans wil verwyder. Het bleikbaar vergeet die jeug het destyds die aanslag begin oor hulle gedwing is om n taal te gebruik. Pasop dat dit nie weer gebeur?

Leendert van Oostrum ·

Te min te laat?

Presies die soort teenreaksie wat die Revolusie wil uitlok. Ek dink die manne met die dreadlocks gaan baie tevrede wees met die resultaat wat hulle bereik het.

Is daar ‘n alternatief? Ek weet nie, maar ek vrees daar is nie. Die revolusie gaan sy gang gaan en ons daarmee saamsleep.

Hugo ·

Pas Kyknet Verslag op 144 gekyk waar ene Philip de Wet wat mederedakteur van Mail&Gaurdian is, beweer Afriforum is politieke organisie wat wil punte bymekaarmaak vir die komende verkiesings. Hoe de hel het so oningeligte mens in so ‘n posisie beland en praat asof hy kastig ‘n kenner is. Welgedaan Afriforum Jeug met jul inisiatief.

Zirk ·

As moet kommentaar lewer, sal dit boekdele wees. Maar om mee te begin, waarom is die ANC en die hele regerende elite so beheb om slegs Engels te praat. Dis dan soo ‘n koloniale, gehate slawedrywende taal van die onderdrukker.
Tweedens, waarom is daar in 21 jaar van OORHEERSING, geen nuwe universiteite gebou nie.
Derdens, waarom is daar in 21 jaar geen moeite van die regeringskant af, gedoen om Afrika-tale, ook tale van akademiese standaard , te maak nie.???

Stuiwertjie ·

Welgedaan, Afriforum Jeug. Versprei dit wyd en syd in die kuberruim. Eintlik moet dit sommer ook in Solidariteit se VN-besoek uit die reistassies klim en vertoon word. Laastens, ek hoop van harte die 10 punt-voorkomingsplan sluit ons as Afrikaanssprekende dosente se veiligheid en menswaardigheid ook in. Doen so voort!

Herman ·

Wat ek graag wil weet is waneer gaan die liberale wittes eendag wakker skrik?
Waneer gaan hulle eendag erken dat ons is nie n reenboog nasie nie en dat dat ons waarde stelsels is maar net eenvoudig nie dieselfde nie.
Dankie Afriforum die wete dat ons self iets moet doen en ophou moun is die slagspreuk vir die voortbestaan van ons taal en kultuur.

Johannes Meintjes ·

Die moontlike goeie resultaat van al die aanslae teen blankes en Afrikaners tans op soveel terreine is dat dit mense (laat) wakkerskud en ons mense nou baie meer paraat toerus. Dankie, Hou so aan “die lakei-revolusie”!

Sakkie du Plooy ·

So word dit gedoen. As polities korrekte universiteite en Elsenburg nie amptelik wil saamwerk nie, laat dit julle nie stuit nie! Julle AKSIE gee ons Afrikaners in SA moed om vas te byt en op te staan teen onreg en ANC rassisme. Dis baie goed dat studente ook kennisneem van wat hulle regte is. Doen so voort!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.