10 rowers maak spore met kontant

Die geldwa het uitgebrand nadat die rowers dit opgeblaas het. Foto: Twitter

Een persoon is beseer tydens ʼn transitorooftog in Katlehong aan Gauteng se Oos-Rand toe tien gewapende mans ʼn kontantvoertuig voorgelê en aanval het.

Die polisie sê ʼn 72-uur-plan is in werking gestel nadat die mans Saterdag met ʼn onbekende bedrag kontant weggekom het, berig EWN.

Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê die rowers en die wagte in die voertuig het op mekaar geskiet. Die aanvallers het plofstof gebruik om die geld in die hande te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

TLC ·

En daar gaan ons alweer
ANC EFF en BLF moet erens geld kry vir kers partytjies
Laat ons sien of die SAPD in staat is vir spertyd van 72 ure
Ek twyfel

Gemaskerde Sopbeen ·

Wat my nog altyd laat wonder is die volgende…..Tydens voorvalle soos hierdie is daar 100de mense wat naby genoeg aan die “aksie” kan kom sodat ons na selfoon foto’s en video’s kan kyk hoe dit gebeur…………maar GEEN van hierdie maatskappye stuur ‘n paar opgeleide, geoefende skerpskutters agter hulle waentjies aan nie??? As ek ‘n kilometer agter so ‘n voertuig in ‘n ongemerke voertuig ry, en boodskap kry dat daar ‘n aanval is…..sal daar net lyke rondom daardie geldwa lê…elkeen met klein gaatjie deur die kop. Net 2 of 3 sulke voorvalle, en hierdie gedrag is iets van die verlede….

zoom zoom ·

Nooit lees ons dat die wagte on die geldwa die skurkr raak geskiet het of tenminste 1of 2 gewond het. Iets aan die rooftogte is nie ayoba nie.q

leser ·

@gemaskerde sopbeen
ek stem sommer maklik saam met jou
kom ons doen aansoek by geld vervoer maatskappy en verduidelik ons plan van aksie en kyk wat gebeur

schalk ·

Weereens swart kriminele,noem my n rassis bewys my verkeerd

Willem Grobler ·

Die kolonel het altyd gesê “plofstof” is iets wat jy in ‘n baba se doek gooi – goed wat ontplof is “springstof”!

Basjan ·

Wat van die VBS bankrowers? Hulle het nie spore gemaak nie en hulle is nog nie aangekeer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.