10 rowers slaan op Pta-kleinhoewe toe

Argieffoto: Lorraine Claasen

Vyf mense is Dinsdag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe wes van Pretoria aangeval.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê sowat tien gewapende rowers het na bewering omstreeks 02:00 op ʼn die huis in die Mooiplaas-omgewing in Erasmia toegeslaan.

“Die klaer beweer hulle het geslaap toe hy wakker geword het van geluide in die huis. Hy het gaan ondersoek instel en gesien die kombuisdeur is oopgebreek,” het Moloto gesê.

Die man het die ander mense in die huis wakker gemaak en op die verdagtes afgekom. “ʼn Stoeiery het tussen die inwoners van die huis en die verdagtes ontstaan en een slagoffer het tydens die voorval geringe beserings opgedoen en moes na ʼn hospitaal geneem word vir behandeling.”

Die verdagtes het op die vlug geslaan met skootrekenaars en selfone.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

willie ·

Wanneer gaan mense leer om vroeë waarskuwingstelsels aan te skaf?! As hy jou in jou huis wakkermaak is dit reeds te laat! Offer eerder ñ vakansie op en gebruik daardie geld en beveilig jou lewe!

Billy ·

Nie alle mense kan dit bekostig nie ne. Wanneer gaan die Afrikaners leer om te immigreer, as hul reeds so aangaan, is dit reeds te laat.

Cherokee ·

Wanneer gaan Afrikaners tog die verskil leer tussen immigrasie en emigrasie. Afrikaners ìs geïmmigreer en behoort te emigreer.

Anita ·

@Billy. So, volgens jou, is dit goedkoper om die land te verlaat, as om ‘n alarmstelsel te laat insit (wat alle mense nie kan bekostig nie ne). Sjoe. Okay.

Katerina ·

Ag toe nou Kerel – Daar is hordes witmense wat dit ook nie kan bekostig om op vakansie te gaan en te koop wat hulle wil nie. En daar is baie swartmense wat kan koop en vakansie hou dat die biesies bewe.

GP ·

Stem saam met jou Willie. Hierdie stelsels kan goedkoop aangeskaf word. Daar is alarms beskikbaar wat beweging optel van minder as R200. Dit werk met batterye en beskikbaar by game.

Mens kan klein trip alarms bou wat met vislyn werk, kyk net op pinterest, daars goeie idee. Ek is seker baie van die mense hoef nie eers die roete te volg nie en kan n paar rand afstaan aan hul gesin se veiligheid.

Katerina ·

@Billy – Nou gee my die geld om te emigreer?? Derduisende Afrikaners sou “in a heartbeat” emigreer as hulle net maar KON..maak my siek om daardie advies te hoor. Meeste van ons blankes is vasgeketting in Die helhool omdat ons nie KAN wegkom nie. Good grief,what sane white person would willingly stay Here?????

Koos de Meyer. ·

Hoekom moet ons imegreer. Ons het die land opgebou, ek bly net hier. Ons moet net vas staan en op Ons Hemelse vader vertrou.

hendrik ·

Dis reg Koos de Meyer, waarom moet ons weghardloop net omdat die anc en eff boewe dit so wil he.

seker dom ·

hier sal ek lewe en hier sal ek sterwe en veg as ek moet. Noem my dom maar wat wil ek in ‘n land gaan maak wat nie my kultuur dra of klimaat nie en nie ‘n oop vuur mag na staar as ek ‘n vleisie wil braai nie. Net bietjie saam staan en terug veg en wys ons is nie bang nie. skiet as jy moet en sorteerd die stooi uit in die hof. moenie stupid wees en met klappe oor die oe leef nie, maar eish ek like SA son en bosveld teveel om in ‘n koue land met snaakse goggas te gaan sit en moet charchoal of gas gebruik om my steak gaar temaak. SA girls is baie moeier as oorsee girls en veral moeier as Australia se girls

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.