10 sterf in gru-botsing op JHB-snelweg

Paramedici van Emer_G_Med op die toneel. Foto: @Emer_G_Med / Twitter

Paramedici van Emer_G_Med op die toneel. Foto: @Emer_G_Med / Twitter

10 mens is Saterdag dood nadat ʼn bakkie met 21 passasiers op die N3-snelweg in Johannesburg gerol het.

Pieter Rossouw, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het naby die Londonweg-afrit plaasgevind.

“Dit is nog nie bekend hoe die ongeluk plaasgevind het nie,” het Rossouw gesê. “Die bakkie het glo 21 insittendes gehad toe dit gerol het. 10 mense is dood en 11 is beseer.”

Agt van die beseerdes het geringe tot matige beserings opgedoen, terwyl drie kritiek beseer is. Van die pasiënte moes met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word vir verdere behandeling.

Verkeer in die omgewing was teen 14:30 steeds erg ontwrig terwyl die toneel opgeruim en ondersoek is. Motoriste is aanbeveel om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Asjas ·

Wanneer gaan die Metropolisie hul werk begin doen of gee hulle glad nie om dat hul landsgenote elke dag in tien talle sterf nie? ‘n Bakkie is nie gemaak of ontwerp om 20 plus passasiers te vervoer nie, veral nie op ‘n snelweg nie. Daar is geen beskerming vir die persone agterop nie. Ek weet nie wie is meer onnosel nie, die drywer of die mense wat agterop klim nie. En is daar nie ‘n wet teen die vervoer van mense agterop ‘n bakkie nie, en wanneer moet die mense ‘n PDP kry??

Trevor Venter ·

Lisensies en PDP’s word gekoop dit gaan nie die problem polls nie opvoeding gaan, hoe Klimt jy in n voertuig n bakkie LDV van alles en ry saam 21 ander mense, Dan is jy mos Jou eie grootste gevaar. Veiling hied en securities is soos liefdadigheid, dit begin by Jou huis.. Nie and is te blameer nie be hale die passésiers self. Spaar n paar rand om van publieke vervoer vervoer gebruik te maak en betaal met Jou lewe. Opvoeding en opleiding is die probleem. Comon sense is nie so common nie

Trevor Venter ·

Lisensies en PDP’s word gekoop dit gaan nie die probleem oplos nie opvoeding gaan, hoe Klim jy in n voertuig n bakkie van alles en ry saam 21 ander mense, Dan is jy mos jou eie grootste gevaar. Veilinghied en Sekuriteit is soos liefdadigheid, dit begin by jou huis.. Niemand is te blameer nie behalwe die passasiers self. Spaar n paar rand om van publieke vervoer gebruik te maak en betaal met jou lewe. Mens is verandwoordilk vir jou eie veiligheid, niemand anders nie. Jou Keuses en optrede het nagevolge. Aanvaar verantwoordelikheid. Eenvoud het n prys. Opvoeding en opleiding is die probleem. Comon sense is nie so common nie

Willie ·

Trevor, jou tweede poging is nie veel beter nie. Jy is nog een van dié wat geen respek het vir my taal nie.

Bazler ·

Willie jy is die grootste IDIOOT wat kom maak of jy slim is maar nêrens het enigsins n geldige kommentaar gelewer, swak man uiterste swak tipe mens wat jy is!

flipper ·

Ek wonder net waar is die verkeers beamtes op daardie stadium of sit hulle dalk al hulle bribe geld en tel onder n koelte boom

Bezudi ·

Vra ek ook waar was die die metro polisie wat die highways patrol… Ons is vanoggend verbydie ongeluk net nadat dit gebeur het. Nog voordat daar enige hulp was en die liggame was oor die highway gestrooi…. Nie ‘n mooi prentjie nie. Maar Ja…as jy nie geld het nie en jy kan ‘n lift verniet kry sal jy ook seker klim en hoop en bid jy kom by jou bestemming… Vrede vir die families wat nou nog sit en wag dat hul geliefdes moet huis toe kom….

Asjas ·

Bezudi jy is heeltemal reg. Die regering laat hul mense in die steek, hulle moes al lankal gekyk het na ‘n veilige, bekostigbare vervoer stelsel vir die massas. Taxis is te gevaarlik en duur, busse is deesdae nie veel beter nie, treine is in hul maai want niks in hierdie land word mos onderhou nie . . .

Louw ·

Ag nee, Willie, moenie so baklei nie. Trevor het toe nou ‘n tweede keer probeer, miskien tik hy op sy selfoon met twee duime.

Ash ·

Bezudi
Ek stem volkome met jou saam. Die regering laat die mense wat vir hom stem seriously in die steek. Iewers moet daar vir hul klokkie begin lui dat as die mense nie meer daar is om te stem nie, hul mos nie kan wen.
Die feit van die saak is dit, die mense het agterop ‘n bakkie geklim om huis toe te gaan.. Opgewonde vir ‘n naweek wat voorle en nou is daar net hartseer.
Terwyl ek hier tik, besef ek weereens hoe afgestomp ons vir violence geraak het!
Jare gelede het ‘n klomp motorfietsryers by ons verby gery en die kids vriendelik gegroet. So 30km van daar, is 2 motorfietse getref en toe ons verby ry, het net die 4 lyke langs mekaar gele soos wat hul vriende hul daar neer gele het. Gesigte was reeds toegemaak.
My punt? Ek het weke daarna nog hartseer geraak as ek die beeld kry van vibrant mense wie se lewe so skielik van hul ontneem is.
Deesdae sien ek die norm is om die chaos af te neem en almal kan maar kyk.. Ongeag die lewe wat weg is.

Asjas ·

Ash, jy praat baie waar dinge hier. As kinders is ons aangese om weg te kyk by ‘n ongelukstoneel en ek het my kinders ook so groot gemaak. As bestuurder word jy nie daardie “voorreg” gegun nie. Ek onthou nog baie goed my eerste ongelukstoneel, ‘ n Ma met ‘n baba op haar rug is omgery toe sy die pad probeer oorsteek het, 24 Desember … ‘n dag voor Kersfees, ons was oppad terug huis toe na ‘n lekker dag in die winkels. Ek dink nog gereeld aan haar en besef hoe bevoorreg baie van ons is. Ek kon ook nog nooit die babakombersie met die lykie vergeet nie, ek onthou elke Desember wanneer ons daar verby ry.
En ja, die dinge het al so alledaags geraak dat ons het afgestomp geraak, en kwaad want ons Regering laat ons in die steek, met behoorlike wetgewing, wetstoepassing en onderhoud op paaie kan baie ongelukke verhoed gewees het?

Leeutjie ·

Ek stem saam met jou asjas. Lank na so gebeurtenis voel ‘n mens nog treurig.

Pieter ·

Malligheid en domheid loop hand aan hand. Die drywer indie bakkie is dim en die wat agter op klim is mal om te dink dit is veilig. Niemand te blameer nie net hulle self. omtrent die regering en metro poliesie dink hulle nie aan sulke goed soos goedkoop publiekke transport nie hulle dink waar kan hulle geld maak en mense beroof. Ek het geen simpatie met imand in daai ongeluk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.