10 sterf in Limpopo-ongeluk

Foto: @the_new_age, Twitter

Foto: @the_new_age, Twitter

Tien mense is Saterdag dood en 19 ander beseer in ʼn ongeluk in Makhado (Louis Trichardt), Limpopo.

ʼn Minibustaxi en ʼn bakkie het gebots. “Die tien mense is op die toneel dood verklaar,” het Jimmy Machaka, woordvoerder vir die departement van veiligheid en sekuriteit in Limpopo, gesê. “Ses van die slagoffers was in die minibus en vier persone in die bakkie.”

Die 19 beseerdes is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die polisie ondersoek die ongeluk. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elize ·

Verwyder al die taxies van die paaie,en daar sal geen ongeluk wees nie.Verban hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.