10 sterf tydens Kersnaweek op paaie in Wes-Kaap

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

Minstens tien mense het tussen Saterdag en Dinsdag op die Wes-Kaap se paaie gesterf.

Die provinsiale regering het gesê 29 motoriste is in dieselfde tydperk in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed van alkohol. ʼn Voorlopige verslag deur die Wes-Kaapse provinsiale verkeersdienste het getoon dat tien motoriste op dié aanklag in George in hegtenis geneem is, nog vyf in Mosselbaai, vyf in Caledon en die res in Worcester, Knysna, Swellendam, Somerset-Wes, Laingsburg en Brackenfell.

Asemtoetse is die naweek op 4 065 bestuurders by 34 padblokkades reg oor die provinsie gedoen. Die hoogste bloedalkoholvlak is in George waargeneem waar ʼn bestuurder vyf keer oor die wettige alkoholperk was.

“Altesaam 31 spoedoortredings is aangeteken en 597 boetes ter waarde van R850 550 is uitgereik vir ʼn verskeidenheid van oortredings,” lui die verslag.

Joe Maswanganyi, minister van vervoer, het Woensdag gesê die polisie en verkeersbeamptes sal waaksaam bly om padsterftes oor die feesseisoen te beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Francois le Cochon ·

Die groot probleem is dat oortreders geensins gestraf word nie. Hulle word slegs beboet. ‘n Boete is nie ‘n straf nie. In Europa word oortreders gestraf. Vir ‘n eerste oortreding van dronkbestuur, word jou lisensie vir 5 jaar weggevat. Dit is ‘n straf!

Wynvlieg ·

Statistiek wys dat 60% van ongelukke die oorsaak is van gesuiptes agter die stuur. Ek stem met jou saam Francois want ‘geld wat stom is maak reg wat krom is’.

sandra ·

En ek kry ‘n R2000 boete omdat ek 72 in ‘n 70 km sone gery het! hoe maak jy daai sommetjie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.