10 van die jaar se beste goeienuus-stories

Eerstejaars sing lofliedere in die reën Foto: Christo Louw

Eerstejaars sing lofliedere in die reën Foto: Christo Louw

Maroela Media doen moeite om seker te maak dat ons ook die goeie nuus met ons lesers deel – stories wat mense se hartsnare roer, wonderwerke wat families ervaar het of selfs stories wat sommer net oor lekkerkry gaan en mens weer goed laat voel. Hier is 10 van die stories wat ons vanjaar op Maroela Media gedeel het wat mens, tussendeur al die slegte nuus, weer hoop gee.

10. 400 eerstejaars sing lofliedere in reën

Foto’s van ongeveer 400 eerstejaar-studente van die Universiteit van die Vrystaat wat spontaan begin lofliedere sing het toe die reën tydens ʼn eerstejaarskamp uitsak, is wyd op sosiale media gedeel. Lees die artikel.

9. ‘Ek bid vir jou ook ʼn onvoorsiene wonderwerk toe’

ʼn Ma van Pretoria het haar tot sosiale media gewend om dankie te sê vir ʼn vreemdeling wie se onbaatsugtige daad die afgelope naweek ʼn groot uitkoms vir die gesin was. Lees die artikel.

8. [Video] Dans, pappa, dans!

ʼn Video van ʼn groep mense wat by ʼn vulstasie dans, het soos ʼn veldbrand op Facebook versprei. Lees die artikel.

7. [Foto’s] Terminaal-siek 6-jarige nou ʼn Affie

As dokters se voorspelling oor die sesjarige Ruben met terminale kanker se leeftyd akkuraat was, “was hy nou in die hemel”. Maar dié jong kankerlyertjie het ʼn veggees soos min én ʼn wil om te bly leef vir solank as wat hy op aarde “aan sy geliefdes geleen” word. Daarom is een van sy grootste drome in Oktober bewaarheid toe hy amptelik ʼn Affie-seun geword het. Lees die artikel.

6. Ma vertel van ‘wonderwerk’ toe bakkie rol

Maryke le Roux, ʼn vierjarige blondekopdogtertjie van Winburg in die Vrystaat, het in September 2016 sommer speel-speel met ʼn rooi pen ʼn kruis op haar keel geteken. Ure later het die bakkie waarin sy en haar gesin gery het verskeie kere oor die N1 gerol en is sy uit die rollende voertuig geslinger – sonder ʼn enkele skrapie. Lees die artikel.

5. ‘Ons leef saam met Ruben in sy wêreld, een dag op ʼn slag’

Hulle het geveg met álles wat hulle het. Baklei tot hul vuisvoos was teen dié kanker wat nie bes wou gee nie. Hulle het aand ná aand op hul knieë deurgebring, en dag ná dag vir ure aaneen in dokters se spreekkamers gesit. Lees die artikel.

4. ‘Verlamde’ rugbyspeler loop: ‘Die Here het elke gebed gehoor’

Minder as twee jaar gelede het dokters vir Heinrich “Ollie” Terblanche (26) gesê hy sal sy lewe lank aan ʼn rolstoel gekluister wees, nadat hy sy nek tydens ʼn rugbywedstryd beseer het. Nou maak hy gereed om in Januarie 2017 hand-aan-hand saam met sy vrou by hul troue se onthaalsaal in te stap. Lees die artikel.

3. Wayde van Niekerk se afrigter verower harte

Wayde van Niekerk het in Augustus geskiedenis gemaak toe hy die 400 m in ʼn nuwe wêreldrekord by die Olimpiese Spele in Rio gewen het. Hoewel dié atleet wêreldwyd geprys word, is dit veral ook sy 74-jarige afrigter wat aandag in die media geniet. Lees die artikel.

2. Dís hoekom jy moet RSVP, dring ma aan

ʼn Ma het haar tot sosiale media gewend om die noodsaak van ʼn RSVP te verduidelik nadat haar seun “verpletter was” omdat niemand vir sy verjaardagpartytjie opgedaag het nie. Lees die artikel.

1. Miriam is dood

Miriam is vanaand dood. In my hele lewe was ek nog nooit so hartseer nie. Maar ook nog nooit so kwaad nie. Maar nog nooit so seerhartseer nie. Vir ’n regering wat haar gefaal het. Pieter Steyn, ʼn joernalis van Beeld, het dié plasing op sy Facebook-blad gemaak toe hy die tyding van Miriam se dood ontvang. Pieter se skrywe oor dié vrou het soveel mense se harte geraak, want die verhouding wat beskryf word, herinner aan ʼn ma-en-seun-verhouding. Lees die artikel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Juanette Eagleton ·

Wow! Wat ‘n fantastiese stukkie nuus! Nou so getjank van die mooi artikels! Dankie Maroela Media!!

Pastoor ·

Ek lees met n seer hart as ek hier lees. Ek het n suster (66) wat in twee stukkende tente en n karavaan by Kleinmond se ou karavaan plek bly. Syt n terminale siek seun van 42. Hy bly in die karavaan. Kansa help met sy meds. Hyt n seun 14 e dogter 6. Hys getroud en sy vrou en dogter bly inni Kaap en werk. Sy vrou kan nie na hom kyk soos sy ma nie. Vrydagaand het die tent uitmekaar geskeur. Die staatshospitaal wil hom nie meer bloed gee hy. Hy dra n stooma. Hys baie swak en glo hy gaan genees word. Die hitte in die tente is baie erg. Sy kry geen behuising wat sy kan bekostig nie. Ons ander familielede help waar ons kan. Dit is moeilik. Ek weet ofvek n nommer mag plaas nie. Sy benodig vars vrugte en groente. Haar geld is beperk. Sy sukkel al sedert Junie laasjaar. Hoe help n ander een wat so sukkel. Sy moet elke 4vure morfien gee. Daar MOET IEMAND WEES WAT KAN HELP. Kan maroela my dalk sê wat ek doen. Reach for dream kan dalk help

Dankbaar ·

Pastoor, sulke stories is altyd so ontstellend en gryp mens aan die hart. Ek is ook bewus van en dankbaar vir die wonderlike ondersteuning wat KANSA gee. Ek wil tog vra/voorstel dat u moontlik u gemeente nader vir ‘n fondsinsameling. Soms dink mens net nie daaraan nie, maar wil voorstel dat u dit sterk oorweeg. Begin self ‘n FaceBook groep of blad en versprei dit onder al u kontakte en oral op sosiale media en u mag dalk oorweldig word oor die reaksie en ondersteuning. Skep die groep en blad met ‘n fondsinsamelingsbanknr en stuur asb dan daardie skakel en inligting aan my by [email protected] en ek sal dit ook graag deel waar en soveel moontlik. Hier is wonderlike mense in die Overstrand en ons probeer help waar ons kan. Maar families en vriende moet dikwels eerste die inisiatief neem en begin om so ‘n fondsinsameling van stapel te stuur. Alle sterkte en seënwense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.