10 vas oor onwettige vuurwapens

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Tien mans is in Braamfontein in Gauteng in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van vuurwapens.

“Polisielede wat patrolliewerk in die gebied gedoen het, het ʼn verdagte Toyota Quantum-voertuig opgemerk en die insittendes deursoek,” het lt.genl. Lesetja Mothiba, provinsiale kommissaris van die polisie, gesê. “Die polisie het 14 vuurwapens tydens die soektog opgespoor. Die verdagtes het nie vuurwapenlisensies by hulle gehad toe hulle in hegtenis geneem is nie.”

Die mans staan tereg op aanklag van die onwettige besit van 14 vuurwapens.

Die vuurwapens word vir ballistiese toetse gestuur om te bepaal of dit tydens enige ander misdaad soos taxigeweld of die onlangse reeks winkelsentrumrooftogte gebruik is.

“Die mans, tussen 25 en 48 jaar oud, is oorspronklik van Gauteng en KwaZulu-Natal,” het Mothiba bygevoeg. “Hulle sal Vrydag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lillian ·

Mooi so SAPS!!!!!!!!!!!!!! Wie weet waarheen die gemors oppad was en wat hulle wou doen met daai vuurwapens! Sorg nou net dat hulle agter tralies bly, vir lank!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.