10 vas tydens PTA-klopjag

Argieffoto

Argieffoto

Tien mense is tydens ʼn klopjag op ʼn woonstel in Pretoria-Noord in hegtenis geneem in verband met dwelmhandel.

“Die polisie het tydens die klopjag beslag gelê op kokaïen, heroïen, pakkies dagga, 11 gesteelde skootrekenaars en ʼn gesteelde motor,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, Sondag gesê.

Die polisie is tans besig om die 10 persone, wat glo van Nigerië afkomstig is, se identiteite te bevestig en om te bepaal of hulle aan enige ander misdade verbind kan word.

“Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere en aanklagte wat met dwelmmiddels verband hou,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ellabad ·

Pretoria Noord is deesdae ‘n regte nes, mens is nie eers meer lus om daar te bly nie.

Nicoline ·

Kom ons kyk wat maak SA met dwelm handel!!!! As ons na Malesie kyk hul vat geen snert!!mense word daar ter dood veroordeel oor dwelms…

Sollie ·

Weereens Nigeriërs. Jaag hul ALMAL landuit en die probleme sal onmiddellik verminder indien nie stop. As iemand gisteraand se Carte Blanche gekyk het sal hul BAIE bekommerd wees oor skoolkinders, ja… selfs laerskoolkinders.B a i e bekommerd

ladybug ·

“nigies” … moes dit kon dink! Gemors! Maar van hierdie saak gaan ook dadels kom, kry borg, verdwyn uit die land … of koop die staatsaanklaer om … lekker in die land!

Keelvol ·

Die Polisie moet wanneer hulle op so iets afkom, al die goed in hulle keelgatte afgooi sodat hulle in dieselfde situasie is as die mense wie se lewens hulle so verwoes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.