10 voertuie in kettingbotsing op N1 eis 2

Die ongelukstoneel. (Foto: Twitter)

Twee mense is dood nadat minstens tien voertuie vanoggend in ʼn kettingbotsing op die N1-noord net na die Pumulani-tolplaza in Pretoria betrokke was.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 11:15 na die ongelukstoneel ontbied.

Herbst verduidelik dat ʼn veldbrand langs die hoofweg motoriste se sig belemmer het en dit moontlik veroorsaak het dat twee vragmotors en minstens agt voertuie gebots het.

Van die voertuie het na die botsing aan die brand geslaan en die vlamme is inderhaas deur nooddienste geblus.

Twee mense is op die toneel dood verklaar. Herbst het gesê daar is ʼn moontlikheid dat ʼn derde persoon ook in die botsing dood is. Die ander motoriste het volgens Herbst geen tot ligte beserings opgedoen.

Brandbestryders vanoggend op die toneel. (Foto: Netcare 911)

Die N1 was teen 13:00 nog in albei rigtings gesluit en motoriste is aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Die toepaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Rina ·

Parkeer eerder op.n veilige plek .. moet noooit in n rook area ry nie

RooiSarie ·

Baie sterkte aan die gesinne, somige mense was maar net op pad werk toe,
het planne gehad, was bly dit is payday en die naweek lê voor,…..

laat my klein voel om te dink hoe maklik dit gebeur.

RIV

Magda Koekemoer ·

Ons het so 20min verby gery terug Pretoria toe. Verkeer op N1 noord staan opgedam verby N4. Voertuie ry nou in Suid se bane, lyk of daar moontlik ‘n sekondêre ongeluk was naby die toneel van vroeer. Dis absoluut chaos.

Griet ·

GEWELDIGE ernstige en lelike ongeluk, is enkele minute,nadat dié grusame ongeluk gebeur het,by die toneel verby, vanaf Dinokeng!
ONTSTELLENDE toneel van chaos!
Laat mens KLEIN voel,om ongeskonde en lewendig, daarby te beweeg…
BAIE STERKTE aan almal geraak

Esther ·

Het vroeër daar verby gery, toe was brand al redelik erg.
Jammer vir almal wat betrokke was.

CHAPPIES ·

Hoor nounet,die dodetal,van dié ongeluk, het intussen tot 6 mense gestyg…

Sooo tragies,innige meegevoel met almal hierdeur geraak

Loraine ·

Katryn neem aan pad Polokwane oop, my sus oppad van Polokwane Pretoria toe, nou net met haar geprt sy se karre ry van Pret se kant af net baie besig sy nou voor Carosell sy self weet nog nie of pad oop is nie maar blykbaar staan hulle nie stil nie karre weerskante beweeg. Sterkte!

Helga ·

18h00 was die pad nog toe. 2 ure fevat om deur te kom en pad te vat Brits toe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.