100 klagtes ingedien oor haatspraak, rassisme op sosiale media

Die beëdigde verklarings is voorberei met die hulp van die SAPD en die strafregkenner dr. Llewellyn Curlewis. Foto: AfriForum/Twitter

AfriForum het Donderdag strafregtelike klagtes teen 100 mense gelê wat boodskappe van haatspraak, rassisme en aanhitsing tot geweld op sosialemediaplatforms geplaas het.

Die beëdigde verklarings is voorberei met die hulp van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die strafregkenner dr. Llewellyn Curlewis. Die klagtes is by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion ingedien.

Ernst Roets, AfriForum se adjunk uitvoerende hoof, het gesê daar blyk ’n algemene indruk te wees dat dit wat mense op sosiale media sê op die een of ander wyse aanvaarbaar is en geen gevolge dra nie. “Openbare woede en mediadekking word ook grootliks gereserveer vir of beperk tot ’n paar uitgesoekte uitlatings op sosiale media,” het hy gesê.

“Ons het die publiek daarom uitgenooi om skermgrepe van haatspraak, rassisme en aanhitsing tot geweld aan ons te stuur. Die reaksie was oorweldigend.”

AfriForum het die SAPD versoek om hierdie 100 gevalle sonder verwyl te ondersoek, die identiteit van die mense agter dié sosialemediaprofiele te bevestig en elkeen van die toepaslike misdryf aan te kla. AfriForum het die SAPD ook versoek om gereelde terugvoer te verskaf en ook enige hulp aangebied wat die organisasie moontlik kan voorsien.

Die klagtes is by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion ingedien. Foto: AfriForum/Twitter

“Ons is bekommerd oor die hewigheid van sommige van die boodskappe en skermgrepe wat ons ontvang het. In teenstelling met die ander gevalle wat beduidende aandag in die media geniet het en meestal oor rassistiese aanmerkings handel, bevat ’n groot hoeveelheid van die skermgrepe wat ons ontvang het oproepe om wapens op te neem en versoeke om mense dood te maak of te beseer. Ons is bekommerd dat dié gevalle nie tot dieselfde mate hanteer of veroordeel word nie – hul ernstiger aard ten spyt,” het Roets gesê.

AfriForum het ook in Januarie vanjaar strafregtelike klagtes teen 12 mense ingedien wat herhaaldelik rassistiese boodskappe op sosiale media geplaas het, wat geweld en moord aanhits. Volgens Roets is die organisasie in kontak met die ondersoekbeampte oor die vordering van hierdie saak.

“Daar blyk ʼn konsensus binne die polisie te wees dat hierdie tipe sake dringend aandag moet geniet, maar omdat dit half ʼn nuwe ding is, is daar onsekerheid oor hoe presies om dit te hanteer. Die polisie is tans besig met interne gesprekke om te besluit op ʼn strategie om hierdie sake te hanteer. AfriForum het natuurlik ʼn verantwoordelikheid om hierdie sake op te volg en ons sal seker maak daar word hiervan werk gemaak,” het Roets gesê.

Hy het die publiek uitgenooi om voort te gaan om voorbeelde van rassisme, haatspraak en aanhitsing tot geweld na [email protected] te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Jeannette ·

Julle spoeg, julle spring, julle skreeu en swaai vuis …. maar NIKS, net mooi NIKS gaan van enige van hierdie klagtes kom nie. Die dossier gaan wegraak, die ondersoekbeamptes gaan van die saak onttrek word of die NVG gaan bevind dat daar nie genoeg bewyse vir vervolging is nie. Maak vrede daarmee dat daar nie meer plek is vir die witmens in die land nie – jy moet ‘n Afrikaan wees om in SA te oorleef vandag.

OOK N MENS MET N WIT VEL ·

Jy slaan d spyker op d kop. Stem 100% saam.

Theresa B ·

Ek stem Jeannette. Baie waar – ek sien sulke diskriminasie elke dag van my lewe.
Sulke goed geld nie vir hulle nie. Hulle maak wat hul wil en word altyd gehelp en kom weg met alles. ‘n Taxi het ‘n ongeluk veroorsaak, maar nie ‘n word tot vandag toe gepraat nie. Net op sy foon gebel en toe kom die “dame” daar aan wat die eienaar vd Taxi is en gee baie gewillig al haar besonderhede. Later is verneem dat die bestuurder nie ‘n rybewys het nie. Die papier waarop sy ook al haar besonderhede geskryf het, het gerieflikheidshalwe “weggeraak” by die SAP waar die ongeluk aangemeld is. Geen kans meer nie. Ons is altyd die verkeerdes.

Lee ·

Ek dink persoonlik hulle fight a loosing battle. Daar is mos al baie keer gesê dat net wittes rasiste is en nie ander rasse nie.

marous ·

Dis ‘n eensydige woord wat net van toepassing is op ‘n sekere velkleur wie sonder versuim vervolg word . Die polisie is op hoogte van die protokol.

Ouma ·

Ek hoor wat Afriforum sê. Wees versigtig wat jy sê, en hoé jy jou sê op openbare media sê. Moenie rassespanning en haat verder vererger nie. Maar ek HOOP nie daar word nét op die Afikaanse mense ingezoom nie. Daar is mense van kleur wat nie omgee WAT hulle sê nie, en dit lyk of daar nie weer ‘n haan na kraai nie. Mens moet ook verstaan dat as jy hoor hoe boere, jou mense, gemartel en gemoor word, word jy so kwaad en opstandig, dat jy net uiting aan jou woede wil gee. Maar dit is beter om te wag tot môre voor jy kommentaar lewer en dit doen sonder om verdere rassehaat aan te blaas. Ons witmense kan dit nie bekostig nie.

Hennie ·

Ja “ander persone” is gou verhoor en boetes opgelê, nou is dit kwansuis iets nuuts! Slaan my met n nat vis.

Net ek ·

Aan almal wat so negatief is-
Die land is besig om uitmekaar te tuimel , ONS ALMAL WEET DIT! maar vir jou chill uit en lees n grappie want genade julle negatiewe kommentaar help niemand nie, elkeen probeer hul bes om die situasie beter te maak. So prys eerder die pogings, deur die mense wat nog hoop het vir n toekoms eerder as om net heeltyd neerhalend op elke liewe positiewe ding te wees!

lekker dag :)

al ·

Stem saam met jou. Negatiwiteit is ñ nuttelose emosie – werk eerder aktief aan ñ saak om ñ beter uitkoms te gee.
Burgerregte organisasies is van kardinale belang vir SA en saam kan ons ñ verskil maak.
Dankie Afriforum, julle is tops!

Chris Ws ·

Ek stem volkome saam met jou siening “Net ek” !Te veel mense wil galbraak en negetief wees maar sit met gevoude armpies en doen self NIKS!Sorg dat jy ‘n beter plan het om ‘n probleem mee te pak VOOR jy iemand/organisasie afskiet.So nie,hou jou smoel!

Nita ·

Snaaks hoe blitsig die Penny Sparrow saak aangehoor is en die boete opgele is. Nou sal ons sien hoelank hierdie sake gaan sloer.

Frik ·

Nee, stem nie saam met die vorige opmerkings nie – hoewel daar sekerlik gronde vir sulke sieninge is. As ons almal maar net hande in die lug gooi en tou opgooi sal dinge beter word? Minstens gaan daar sekerlik ‘n paar bekommerde FB’ers en Twitteraars wees wat sal bedink wat hulle op die media kwytraak. Ek voel self soms moedeloos, maar tou opgooi – nooit. Dankie AfriForum. Minstens is daar ‘n liggie in die donker.

Petro ·

Dankie AfriForum dat julle iets wil doen hieraan. Julle is braaf en ek het respek vir julle. Ek hoop julle bewys die negatiewe mense hierbo verkeerd en laat hierdie sosiale media trolls aan die pyn ry. Sterkte..ek is 100% agter julle.

Jaaiks ·

#Petro..Ek stem saam…Dankie AfriForum…at least probeer hulle vir n saak opstaan..ons aanvaar maar net die goed gebeur en dis dit..eks ongelukkig een van hulle.

Gert ·

Altyd sulke mooi ronde syfers. Presies 100 nie een meer of een minder nie. Het afri moeg geraak toe hulle by 100 kom? Of is daar in die tyd net soveel gewees. Of is die hele storie sommer bog nuus???

Pieterlewismuts ·

Pragtig Afriforum.
Laat die dun punt van die wig wees.om weer redelikheid in die land te bewerkstellig.
Moenie op gee of laat slap lê op enige van die aanklagte nie.
Ons.vertrou van die ander uitstaande gevalle sal spoedig volg

BAIE DANKIE.VIR WAT JULLE DOEN

Realisties ·

Ek is trots op Afriforum dat hulle die moeite doen om so saak oop te maak. En hoop regtig dat die mense verantwoordelik vir hierdie walglike opmerkings word ook aangekla en beboet soos die paar witmense! Ek gaan wel nie my asem ophou nie want diegene wat die haat kwytraak weet die geregtigheid is aan hulle kant. Net na Ernst Roets dit op twitter geplaas het, het 1 swart gemors klaar gekomment dat alle land diewe, die boere ‘n afgryslike dood moet sterwe. En selfs gejoke dat hy seker nou aanklagte nr 101 gaan wees. Hulle voel venters! Want die regstelsel laat hulle maak soos hulle wil! Ons kan maar net hoop vir ‘n positiewe uitkoms in all die negatiwiteit.

Magda ·

Die groot probleem is dat mense nie weet wat rassisme werklik beteken nie. Rassisme gaan glad nie oor kleur nie maar oor rasse. In SA het rassisme n kleur gekry en dit is waar die probleem lê. Daar is nou meer rassisme as wat daar in die sogenaamde apartheidsera was en dit omdat iemand die word aan die groot klok gehang het.

Weet nie hoe om die klagtes te hanteer?? ·

Die polisie sê hul is stadig want hul weet nie hoe om dit te hanteer? Maar hoe het die land dan geweet om penny sparrow en ander blankes se aanklagted te hanteer?

Anoniem ·

Afriforum is heeltemal bewus daarvan dat daar niks van sal kom nie. Maar as jy die internasionale liggame nader om hulp, het jy bewyse nodig dat jy alle plaaslike opsies uitgeput het, waarvan hierdie een is.

Afrikaanse Knaap ·

Dankie manne. Pas daai druk toe. Solank ons nog hier is sal ons ons uit spreek teen die gal wat ander skeinheilige volke in hierdie land braak.

Lizl ·

Sterkte …. dis `n “losing battle”. Maar eie aan ons nasie sal ons nie net gaan le nie, ons probeer ten minste iets aan dit doen. Kort dalk bietjie kragdadige optredes, ons moet ook meer sigbaar wees by moordhofsake. Gewoonlik daag hulle in hul honderde op as daar `n agtergeblewende is wat verontreg is, maar sodra ons mense se moord verhore voorkom verdamp al die facebook cowboys en is dit net die handjie vol familie leded wat daar is. By hierde sake moet ons ook wees. As ons in ons honderde kan opdaag vir `n rugby wedstryd, kan ons seker `n hofsaak of twee bywoon ?

anton ·

Wat sê jy nou Lizl?
Jy moet tog nie praat van die Afrikaner se nr.1 god nie nl. SPORT, veral rugby en krieket!!!
Hulle sal dit nimmer ooit los vir enige iets anders nie. Hul stel dit dan selfs bo GOD.
En julle kan my maar kruisig oor my stelling. Ek voel n veer want dit is die waarheid!!!

foxi ·

Ek kan dit net nie glo dat my eie mede Suid Afrikaners so swartgallig kan wees nie. Afriforum werk hulle agterente af om te veg vir reg en geregtigheid! Wat doen julle wat so raas met die mond? Gaan toi toi julle vir jul regte? Nee ek glo nie so nie. Vyf of tien mense kan dit nie alleen doen nie, ons moet in duisende saamstaan. Dis maklik om gal te skreeu vanaf die rusbank af mense. Die gemaksug is besig om te verdwyn vir baie van ons witmense, maar dit verg moed om te gaan veg vir wat reg is. Dankie Afriforum vir jul moeite en tyd…..julle SAL BESLIS GEHOOR WORD.

Wayne ·

“The only thing necessary for the triumph of evil is for good men to do nothing” – Edmund Burke 1968.

Dankie Afriforum dat julle wel iets doen, al lyk dit ook futiel vir soveel..

buks ·

Om die duiwel by die satang aanteklae is wat hier moet gebeer.

OOK N MENS MET N WIT VEL ·

@Jeanette en almal wat saamstem. Nog nooit het iemand die situasie in die huidge RSA so raak beskryf nie. 100% vir Jeanette. Ons is expats in die land waar ons gebore en groot geword het. Ek herinner myself elke dag by d werk, of op straat en veral op sosiale media dat ek eintlik n vreemdeling in n ander land is ter wille van oorlewing …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.