100 beseer toe treine bots

Die toneel waar die botsing plaasgevind het. Foto: ER24

Tot 100 mense is beseer toe twee passasierstreine Dinsdagoggend in Selby in die suide van Johannesburg gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van dié nooddiens is saam met verskeie ander nooddienste na die toneel ontbied. By hul aankoms op die toneel het hulle die twee treine steeds op die treinspoor aangetref.

“Talle mense het reeds van die trein af geklim en het op die toneel rondgeloop. Paramedici het dadelik ʼn behandelingsarea opgestel en begin om pasiënte te ondersoek,” het Meiring gesê.

Ongeveer 100 mense het geringe tot matige beserings opgedoen. Volgens Meiring is niemand ernstig beseer nie en is daar ook geen sterftes aangemeld nie. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Diefie ·

Twee treine op die spoor? MMM selfde spoor. Nou wie gaan die blaam kry? Oom van Riebeeck? Hahahaha

Colleen ·

100 Beseer en 15000 eise gaan ingestel word vir beserings. Hou die spasie dop. As een geld kry gaan daar nog duisende uitpop wat ook kastig op een van die treine was.

postie ·

ek het reeds gewonder hoeveel van die 100 was regtig passesiers met kaartjies op die trein.

marous ·

Verseker het een op ‘n sperstreep probeer verbygaan …..

EP ·

Ag nee tog!! Wie is so deur die weer dat twee treine kop aan kop bots????

Phillip Groen ·

Die aantal ongelukke by Transnet het oor die jare ekspioneel toegeneem soos die vaardighede uit Transnet verdwyn het. Wat merkwaardig is dat die verkeer seker amper 10 keer afgeneem het maar die ongelukke met meer as n faktor van 10 toegeneem het. Daar is nou byna daagliks redelike ernstige insidente by Transnet.

‘n Week of 3 terug was daar ‘n ongeluk naby Rosmead in die Noord Kaap waarby 9 lokomotiewe betrokke was. ‘n Hele paar lokomotiewe is in die ongeluk afgeskryf waaronder 2 van die “spliternuwe” peperduur lokomotiewe vanuit China. Die een se kajuit is skoon afgeruk van sy basis af en het een kant in die veld gelê. Die res op opgefrommel op mekaar. Dat daar geen lewensverlies was in net ‘n wonderwerk.

Net die skade van die 2 lokomotiewe alleen beloop ver oor ‘n R100 miljoen rand. Gooi dan die ander ander lokomotiewe by plus die skade aan die lyn wat basies oorgebou moes word en voeg dan ook die prys van “downtime” by, wat dit ‘n peperduur ongeluk maak.

Hertzog ·

Dis seker nou al die 5de keer wat dit gebeur het die laaste paar jaar .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.