100 huise in KZN-informele nedersetting afgebrand

Dié foto is in 2010 geneem toe 'n brand ook by die Kennedy Road informele nedersetting uitgebreek het Foto: alimdaad.com

Dié foto is in 2010 geneem toe ‘n brand ook by die Kennedy Road informele nedersetting uitgebreek het Foto: alimdaad.com

OPVOLG: Die nooddienste het om 12:00 aangekondig die brand is geblus. ‘n Raadslid sal met die betrokke gesinne vergader.

Minstens 100 huise is reeds in ʼn informele nedersetting in Durban in KwaZulu-Natal afgebrand en die brand woed voort.

“Paramedici van die provinsiale nooddienste en die Durbanse brandweer is steeds op die toneel by Kennedy Road informele nedersetting,” het Robert Mckenzie, woordvoerder van die nooddienste Vrydag gesê.

Die brand word aangevuur deur sterk winde. Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.

Van die persone het al hul besittings in die brand verloor.

Paramedici het reeds ʼn vrou behandel wat brandwonde opgedoen het. Sy is in ʼn ernstige maar stabiele toestand. ‘n Man word ook vir ‘n elektriese skok behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

Die vraag is hoekom plak hulle so opmekaar dit is onnodig maar moenie komkommer julle sal hulp kry die regering het baie 10rand vir die fonds R100 vir die wat die fonds beheer sous trein hier kom ons alweer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.