100 jong ambagslui vir kernkragopleiding gewerf

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Eskom het 100 jong ambagslui gewerf vir sy vlagskip-opleidingsprogram vir kern-operateurs as deel van ʼn inisiatief om die jeug in dringend noodsaaklike vaardighede op te lei.

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het Donderdag tydens die bekendstelling van Eskom se loodsprojek vir kern-operateurs by die Koeberg-kragstasie gesê die 100 ambagsmanne en -vroue sal vir vyf jaar blootstelling kry aan “wêreldklas kernkragopleiding” voordat hulle as kernkragsentrale-operateurs sal kwalifiseer.

Brown het beklemtoon dat die Koeberg-kragstasie Afrika se enigste kernkragstasie is en daarom sal die vakleerlinge na afloop van die program ʼn seldsame stel vaardighede en kennis hê wat hulle ʼn voorsprong vir die toekoms sal gee. “Wat inspirerend is, is dat ongeveer 95% van hierdie studente jonger as 35 jaar is en ongeveer 40% van hulle swart vroue van regoor die land is,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat die program deel vorm van Eskom se pogings om in die toekoms genoeg kernkraghulpbronne beskikbaar te hê om in die land se huidige en toekomstige kernkragbehoeftes te voorsien.

Dr. Baldwin Ngubane, voorsitter van Eskom se raad, het gesê die program is belangrik omdat vaardighede onder die jeug ontwikkel word om in die toekoms in Eskom en Suid-Afrika se behoeftes te voorsien.

Koeberg is een van net ʼn paar kernkragstasie buite die VSA wie se opleidingsprogram by die VSA se nasionale akademie van kernkragopleiding geakkrediteer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Johann Marx ·

Wanneer gaan hierdie armsalige Afrika landjie verby “40% is swart vroue” kom, en liewer sê 40% van die kandidate het hulle Ingenieursgrade cum laude geslaag? Ek voel ‘n veer vir jou geslag of jou velkleur……beïndruk my liewer met jou potensiaal en jou vaardighede.

rudi ·

Dit word gedoen om ons reg te kry vir duur Russiese krag. Zuma en sy 10miljoen ondersteuners gaan ons slawe van Rusland maak. Ons moet ons reg maak vir nog baie krag en tax verhogings

Bietjie ·

Hoekommmm kernkrag ???????
Nog nooit vd sonkrag gehoor ens nie ?????

Hendrik ·

‘n Land moet ‘n basis kragsisteem het en met ‘n kringstelsel soos in S.A moet jy 10% of meer , as ek reg onthou, kapasiteit het as wat jy gebruik. Dit is in geval van nood dat daar nog genoeg krag is vir die land. Sonkragsisteme is aanvullend maar baie belangrik.

John ·

Rusland is nie ons probleem nie. Ons eie regering is. Vanuit die plakkershut na ‘n ultra moderne korrelbedkernkragsentrale-aanleghoofsentrum (ha-ha). Groot show vir die werleld vir nog geld. Ek hoop nie my nagmerrie-droom lank gelede hoe ons Suid-Afrikaners mekaar haastig bel en groet omdat so ‘n gedrog in ons land ontplof het, realiseer ooit nie.

Frederik ·

40% Van die vakleerlinge is vroue van oor die hele land en Lynne Brown noem dit ” inspererend “. Ek noem dit ‘n ” disaster to be “.

Hendrik ·

Die indiensnemingstategie het klink soos die 9-2-2-1 verhouding wat die regering deurvoer. 9 – swart , 2 -wit , 2 -bruin, 1- asier. Hulle wil die Kaap swart maak.

Chris ·

Elon is hierdie Thernobiliose n soort Russiese siekte, veroorsaak deur intense hitte en hewige storms na n breukdeel van n sekonde?

Grap ·

En hoeveel huidige benadeelde studente is in hierdie program, ek wens ek was ‘n joernalis dan sou ek hierdie vrae gevra het.

Jan maak n Plan ·

Nou wil ons deesdae proffesors en ingenuers wees in n draadkar republiek. LMGA.

Anti-Haas ·

Hoop hulle kan darem die induksie slag om in te gaan by Koeberg…….
Of gaan dit dalk verlaag word omrede hulle agtergrond????

Anita ·

In ons familie is n 25 jarige jong man besig met sy PhD in kernfisika by York universiteit omdat hy dit nie in Suid-Afrika kon doen en hy kry geen beurs of hulp vanaf die regering want hulle gebruik kwansuis nie sulke mense dit is hoe opgeleide mense verlore is vir Suid-Afrika Hy het al sy grade tot dusver Cum Laude

hans ·

Ek hoop ook dat daar n redelike aantal van die’minderheidsgroepe’ ook ingesluit is in die groep van 100.

Theuns ·

Nie een Indier of witmens gesien nie! Hier is julle kans Maroela om dit te bevestig en as dit so is, iets daaromtrent te doen. Dit is mos rassisme of is dit OK!?

Theuns ·

Hallo Joann, Miskien moet ons vra dat die meerderheid na ons verwys as WITMENSE!
Blankes klink so na ‘n “witbladsy” waarop niks geskryf staan nie. En as die bladsy swart is sien jy nog minder iets en hulle gee nie om Swartes genoem te word nie?

John ·

Korrelbedkernkrag is al vir meer as ‘n dekade in die agterkop van die regering, hoewel die tegnologie eintlik nog in ‘n navorsingsfase is. Die aantreklikheid le vir hulle daarin dat die eenhede klein is en orals by stede opgerig sou kon word. Die boutyd sou glo ook korter wees. ‘n Eendedammetjie sou daarvolgens genoeg water he vir so ‘n opwekker. SA het glo onderneem om die navorsing te voltooi en dit dan hier te toets(??). Navorsing deur ‘n kundige wys daarop dat korrelbedkernkrag nie grappies is nie, al word dit so besing deur van ons wetenskaplikes omdat die lewensloop van die sg korrels sowat 3 maande is en dan vervang moet word, wat beteken dit moet met groot omsigtigheid verwyder en vervang word. Voorrade moet met ‘n groot gedoente verskeep en te pad vervoer word na die eenhede. Die gebruiktes moet ook weer onder groot sekuriteit en met die oog op die gesondheidsrisiko vervoer en geberg word. Paaie sal skoongemaak moet word van verkeer tot waar dit geberg word, Baie bergplek is ook nodig. Dis een rede waarom die buiteland nie baie opgewonde is nie. Om hierdie enhede as ‘n groot verskaffer van werksgeleenthede te sien, dui op gevaarlike onkunde. En sommer orals op te rig soos die kafee op die hoek, is…. wow… #gevaarlikverby.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.