100 renosterhorings, tierkarkasse op Noordwes-plaas gevind

Argieffoto (Foto: Nel Botha/Pixabay)

Polisiebeamptes in Noordwes het beslag gelê op jaggewere, 100 renosterhorings, tierkarkasse en Amerikaanse dollar op ʼn plaas in Hartbeesfontein.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê drie persone is aanvanklik Dinsdag in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie op ‘n plaas naby Klerksdorp ná hulle ʼn wenk ontvang het.

Die polisie het hier beslag gelê op vier ongelisensieerde vuurwapens en vermoedelik ʼn tiervel.

“Die ondersoek het die polisie gelei na nóg ʼn plaas in Hartbeesfontein waar nog twee verdagtes aangekeer is. Hier is ook beslag gelê op onwettige vuurwapens en 708 patrone. Die polisie het op die plaas in Hartbeesfontein beslag gelê op die 100 renosterhorings, vier tierkarkasse en Amerikaanse dollar ter waarde van R45 900.

Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Belinda Erasmus ·

SLUIT HULLE TOE. GEEN PAROOL, LANG VONNISSE WAT UITGEDIEN MOET WORD. GEEN GENADE NIE. Die vonnisse vir hierdie tipe oortreders is nog nie voldoende genoeg, dat dit dien as afskrikmiddel vir hierdie misdade nie. Die regering kom beslis ook nog nie na die partytjie toe nie, aangesien die betrokke lande na wie hierdie produkte uitgevoer word, ook geen gevolge ervaar van die regering se kant af nie.

Tersia ·

lankal gedink daar is n koneksie erens. Hierdie stropers moet van erens af die wapens en amunisie kry. SIES MAN.

De Villiers ·

Dis skokkend. Hierdie selfsugtige lafaards dink net aan hulle self, en is glad nie besorg oor die toekoms of vir dit wat vir die nageslag bewaar moet word nie. Tronkstraf en hoë boetes regverdig glad nie dié tipe misdaad nie. Strawe wat wel kan help is doodstraf en ń register waarop hierdie misdadigers se name kan verskyn wat beskikbaar is vir die publieke domein. In Swaziland word die doodstraf toegepas vir die stroping van renosters, en daar word bykans GEEN renosters gestroop nie.

andries makopa ·

Laat ek raai daai manne met die plat ogies , wat so goed bevriend is met die anc

Nettie ·

@andries makopa; nee, nie die ouens met die plat ogies nie – dis die Mongole daai ….. Jy praat van die ouens met die SKEWE ogies….

Robert ·

Die plaas is nie in Hartbeesfontein nie dit is ongeveer 15 km vanaf Hartbeesfontein so dis in die hartbeesfontein distrik. Die waarde van die Amerikaanse dollar was R118 500 en nog R45 900 is gekry. Swak beriggewing.

Attie. ·

Nou moet ek weer raai watter ras betrokke is. Vir my klink dit na blankes. Ek verwag dit nie van my mense nie, so as hulle Afrikaans praat hang hulle op. Enigeander nasie kan maar vir reenboogdoeleindes net lewenslank kry. Een renoster is lewendig meer werd as tien uitroeiers. Aan die anderkant is tien dooie uitroeiers meer werd as een dooie renoster.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.