101 ‘onwettige myners’ vas

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie in Welkom in die Vrystaat het Donderdag, tydens ʼn polisieoperasie om onwettige mynbedrywighede in die gebied te bekamp, altesaam 101 verdagtes in hegtenis geneem.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die Welkom-polisie, taktiese reaksie-eenheid, misdaadvoorkomingseenheid, die polisie se eenheid vir openbare orde en beamptes van die Davdoe private veiligheidsmaatskappy was by die operasie betrokke.

“Die beamptes is hoofsaaklik in Sewende- en Agtstestraat in Welkom se nywerheidsgebied ontplooi, waar 101 verdagtes, wat vermoedelik by bogrondse onwettige mynbedrywighede betrokke is, in hegtenis geneem is,” het Makhele gesê.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

“Die meeste van die verdagtes wat aangekeer is, is Lesotho-burgers. Hulle sal nou op ʼn aanklag van betreding tereg staan, maar nog aanklagte kan later bygevoeg word, aangesien die polisie nou hul dokumente nagaan om te bepaal of hulle wettig in die land is.”

Makhele het gesê al die verdagtes sal Maandag in die hof verskyn.

Intussen het genl.maj. Apathia Modise, die polisiebevelvoerder in Welkom, die sukses van die operasie geloof en gesê die kernoorsaak van onwettige mynbedrywighede moet uitgeroei word.

“Ons is deeglik bewus daarvan dat mense, wat bogronds met die bedrywighede begin, later begin om onwettig ondergronds te beweeg. Daarom moet ons gereeld die oppervlak skoonmaak om soortgelyke bedrywighede te ontmoedig,” het Modise gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

trucker ·

Die mense wil seker maar ook inkomste verdien vir families.

Vlugteling ·

Dut is JUIS die problem. Mogabe gee net om vir homself. Sy mense stroom suid Afrika binne, om vir hul families te sort. Nou die Lesotho dieselfde. Ek kry ook daai mense jammer, maar as ons dit dan moet “toelaat” miskien moet suid Afrika dan ook simmer hulle land vat, dan het ons meer myne, meer frond vir boerdery en dan kan hul almal gelukkig in hul “eie” groot Suid Afrika bly wat dan Zimbabwe en Lesotho insluit. Maar dit sal nie meer Zimbabwe of Lesotho genoem word nie, want dit sal SUID AFRIKA wees. DUISENDE Suid Afrikaners het OOK werk nodig en het OOK families.

Vlugteling ·

Probleem opgelos. Groot Suid Afrika, meer werks geleenthede en almal is wettig.

Vlugteling ·

Genade! Die “auto correct” mors alles op. Sorg **
Nou DOEN** Lesotho dieselfde.
Meer GROND** vir boerdery
En **SOMMER** hulle land vat.

Vlugteling ·

Ingeval iemand gewonder het, my “Naam” beteken nie ek is onwettig nie… Dit beteken ek moes vlug a.g.v. al die kriminele aktiwieteite in Suid Afrika en onwettige “immigrante” wat almal se werk vat.

Anna ·

Trots op polisie net jammer hulle word terug gestuur as onwettige imigrante, en oor n dag is hulle terug op hulle pos. Ons wat naby hulle bly se lewens en besittings is in gevaar want hulle is zama zamas. Laat hulle in hulle eie lande werk.

Jonathan ·

Die burgers wat nou gevang gaan maar loop is daar dan nie n oorkoms om hulle nie te aresteer nie die ooreenkoms met binnelandsw sake verstryk glo so oor n maand Dit het by lokale polisie satasie gebeur en n saak van onregmatige arrestasie sou oopgemaak word Smaak my die wet verskil van plek tot plek DIE ALGEMENE WET VAN BESIT REG WORD NET SO DEUR DIE MODDER GETRAP ” go and work for steel and have more , you are protected by many laws”

Juliet ·

Why do we arrest people who are trying to survive? Why not spend this money on corrupt gov. Officials who deliberately steal from people.

pieterdp ·

Baie moeilike probleem. Honger is n groot aansporing. Oplosing sal ons nie kry van die ANC nie. ANC is self parasieties van aard. n Grooter SA? Wel onder n on beholpe regering nie haal baar nie. N oplosing sal slegs haalbaar word as almal swart wit eerlik opreg hardwerkind hande vat en weer die land bou wat die ANC so verwoes het.

Fanie ·

Daar word soveel energie toegespits op onwettige myners en kriminele.Wat van ons plaasboere wat so uitgemoor word??Daar is gister weer n man vermoor op n kleinhoewe in Rustenburg?

James ·

Elke jaar hierdie tyd word baie van hulle aangekeer ,hoekom nie so baie deur die jaar nie ?

Jef ·

Wat sou gebeur as die mynwerkers beseer word in die myn, word hulle dan in n hospitaal in SA behandel en wie betaal dan vir hulle of word hulle summier terug gestuur na land van herkoms?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.