10111-personeel begin staak

Argieffoto: https://pixabay.com

Operateurs by die polisie se 10111-nooddiensoproepsentrum het Woensdag met ʼn beskermde staking begin.

Die operateurs is lede van die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) en staak nadat gesprekke oor salarisverhogings ʼn dooiepunt bereik het.

Volgens die vakbond word sy lede die minste van alle inbelsentrumwerkers betaal. Sapu het gesê die staking is wettig, maar het gewaarsku dat werkers wat daaraan deelneem moontlik nie betaal gaan word nie.

Die polisie het Woensdag in ʼn verklaring beaam die staking is beskermd en dat ʼn geen-werk-geen-betaling-beleid gaan geld vir mense wat daaraan deelneem. Die polisie het ook genoem gebeurlikheidsplanne is gemaak om te verseker dat die diens in werking bly.

Honderde operateurs by die inbelsentrum het in Junie vir een dag ook oor dié kwessies gestaak.

“Dit is al meer as twee jaar sedert ʼn taakspan voorgestel het dat 10111-werknemers van salarisvlak vyf na sewe verhoog word. Die polisie se bestuur het eensydig besluit om polisiebeamptes in 10111-inbelsentrums te plaas,” het Oscar Skommere, hoofsekretaris van Sapu, destyds gesê.

Skommere meen die besluit om die polisiebeamptes daar te ontplooi is nie net ʼn manier om onderhandelinge te ondermyn nie, maar dat dit ook dienslewering in gedrang bring omdat beamptes nie doen waarvoor hulle opgelei is nie.

Sapu het die polisie se bestuur 14 werkdae [vanaf 6 Junie] gegee om positief op hul eise te reageer. “Indien dit nie gebeur nie, sal ons alle inbelsentrums landwyd buite werking stel met ʼn staking,” het Skommere destyds gedreig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

amelia ·

Jammer maar vlg my is die unies verantwoordelik vir baie onmin in SA. In my tyd mag die staatsdiens departemente nie gestaak het nie. En ons was goed met dit. Ons mag nie eens aan n unie behoort het nie. Ek behoort aan n unie vir 16jaar en rerig ons werkers gebruik hul net in nood en vir berafnisdoeleindes. Ek skaam my dood as ek moet staak. Daar is mense wat graag my werk sal wil he. Wees dankbaar jy het n werk.

Damager ·

Rêrig? Hulle staak permanent…. As jy bel is jy gelukkig as hulle die foon antwoord. Veiliger om 112 te bel.

Theresa B ·

Goeie genade – almal staak!! Wie is volgende op die lys……………..??!!

Swannie ·

Ek wou ook net begin staak, toe besef ek dat ek met pensioen is,

Lba ·

Ek stem saam dis n aborsie of hulle staak of nie maak geen verskil. Hahaha.

Netekke ·

Niemand gaan eers agterkom hulle staak nie want daardie nommer word in elk geval bitter min beantwoord.

*** ·

Ek dink nie daar kan ‘n meer selfsugtige staking as hierdie een wees nie. My verhoging is jou en jou gesin se lewe werd.

But then again – ek antwoord in elk geval nooit die foon nie …

Net in (die NUWE) Suid-Afrika.

cs ·

Hulle word die minste betaal want hulle antwoord ook die minste die telefone

Wessel ·

Die polisie moet die kantoor vir ‘n maand sluit. Gen werk geen betaling.

Freud ·

Hulle antwoord nooit die foon nie so hulle staak al vir jare. Wat is nuut aan hierdie staking?

Hanna ·

Wil net graag weet op grond waarvan wil hierdie uiters onbehulpsame mense, wat geen straatnaam in elk geval kan spel nie, sulke tipe verhogings he? Blykbaar R50 000 meer per jaar… Nee wat, danki die spul asb af en kry bevoegde mense. Mens is in elk geval baie gelukkig sou iemand die telefoon op daardie nommer antwoord.

Michael ·

Ek was vas oortuig hulle staking van die vorige keer was nog nie oor hulle diens is so swak ons moet staak omrede hulle te veel geld verdien .

Jaco ·

Al staak hulle nie, antwoord hulle nog steeds nie die nood nommer nie.

DD ·

Ek glo daar is ander maatskappye wat hul klerke meer betaal as wat my maatskappy betaal. Kan ek en ander klerke by my maatskappy ook maar toi-toi as gevolg van daai persepsie? As jy nie gelukkig is by jou werk nie en dink jy word te min betaal….gaan soek ander werk. Is dit so moeilik om te verstaan???

Asjas ·

Hoe staak jy om iets te doen wat jy nog NOOOIT gedoen het nie??
Dit moet seker vreeslik lekker wees om geld te verdien (maak nie saak hoe min) en nie ‘n steek werk daarvoor hoef te doen nie!!

Theresa ·

Ag wat. Nog nie in die paar keer wat hierdie nommer gebel moes word OOIT by iemand geland wat onmiddellik geweet het hoe om my van en my adres te spel en te begryp sonder ‘n ellelange verduideliking nie. In ‘n noodsituasie is dit die laaste ding wat nodig is. Los die stakers om te staak en stel mense aan wat kan spel, vining optree en saaklik is. Dis nog ‘n ding – dit klink asof mens hul wakker bel. Sies man.

Asmain ·

Betaal die hele spul af en bespaar belastingbetalers se geld, hulle is in elk geval treurig verby.

LMF ·

O ek het gedog hul het lankallllll begin staak hul tel nooit n foon op nie fire hul almal hul is useless

GES ·

So ons is nou aangewese op ons eie privaat sekuriteitsfirmas. Wat ʼn siek grap.

Sanja ·

Slotsom – dank die alewige stakende antwoord nie die foon te hoogsbetaalde onbevoegde lede onmiddelik af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.