10111 se personeel gaan staak

Argieffoto

Personeellede van die polisie se 10111-noodlynsentrum begin Dinsdag met ʼn staking om salarisverhogings te eis.

Oscar Skommere, hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu), het gesê Sapu wil die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se bestuur waarsku dat sy vertragingstaktieke om die 10111-personeel te frustreer “in hul gesigte sal ontplof”.

“Sapu het pas ʼn arbitrasie-toekenning van die bedingingskamer gekry teen die SAPD rakende die jurisdiksiestatus van die bedingingsraad vir die veiligheid- en sekuriteitsektor (SSSBC) oor die 10111-werknemers,” het Skommere gesê.

Volgens Skommere sal honderde 10111-werknemers Dinsdag landswyd staak. “Dit is al meer as twee jaar sedert ʼn taakspan voorgestel het dat 10111-werknemers van salarisvlak vyf na sewe verhoog word. Die SAPD se bestuur het eensydig besluit om polisiebeamptes in 10111-inbelsentrums te plaas,” het Skommere gesê.

Skommere meen die besluit om die polisiebeamptes daar te ontplooi is nie net ʼn manier om onderhandelinge te ondermyn nie, maar dat dit ook dienslewering in gedrang bring omdat beamptes nie doen waarvoor hulle opgelei is nie.

Sapu het die polisie se bestuur 14 werkdae [van 6 Junie] gegee om positief op hul eise te reageer. “Indien dit nie gebeur nie sal ons alle inbelsentrums landwyd buite werking stel met ʼn staking.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

willie ·

Het hulle ooit gewerk? Ek kon hulle nog nooit in die hande kry nie!

Elsa ·

gaan na minister van polisie…en zuma..stakinks gaan niks in die sak bring…begin by die regte plek nl regering

De Villiers ·

Dit teen koste van misdaad. Op hierdie manier wys hulle net wat hulle van die landsburgers se veiligheid dink. Staak sommer hul diens en hul salaris. Daar is ander maniere waardeur hulle hul geskil kan demonstreer, maar nie so nie.

Kriekie ·

Sonder om afbrekend te wees…bel jy in kan die person wat jou moet help nie eens Afrikaans praat. Kry jy wel iemand wat jou kan help…het hul nooit ‘n beskikbare voertuig om mee uit te kom. Dis frusterend en mense gaan reg in eie hande begin neem. Hartseer om te sien hoe alles agteruit gaan. Is staak altyd die antwoord tot alles?

Nettie ·

Werk hulle ooit??? Ek kon gisteraand nie De Doorns Polisie direk in die hande kry nie en bel toe 10111 – Worcester Polisie tel op. Ek meld my probleem en daar word toe vir my gesê dat hy vir my De Doorns se nommer kan gee. HALLOOO!!!!! Ek het sopas probeer, vir ‘n hele rukkie lank en die nommer het beset gebly! Hy verduidelik toe aan my dat hy in Worcester gestasioneer is, wat ek reeds geweet het, maar sê toe hulle kan nie uitbel na De Doorns toe nie ….e…. het julle vergeet julle het radioverbinding, mnr-die-konstabel? Nee wat, bel eerder die brandweer of jou plaaslike buurt/plaaswag of sekuriteitsfirma. 10111 operateurs beteken niks nie, so die diens kan maar netsowel gestaak word geheel en al!

jayzee ·

Ek is nie presies seker wat die afstand tussen Worcester en De Doorns is nie, google wys dit as 33,7km. Nou wil ek maar net noem dat die polisie-radio’s ook net só ver met mekaar kan verbind… en as daar berge of ander obstruksies tussen die twee radio’s is, maak dit die afstand net nog korter.

Anoniem ·

Dis nou slim om dit aan die hele land se kriminele uit te blaker!

Frannie ·

Ek bel in elk geval eerste my Sekuriteitsmaatskappy en/of die CPF. Hul staking het geen uitwerking op my nie.

Anne -Marie van Wyk ·

Miskien moet die polisie van hierdie geleentheid gebruik maak om meer opgevoede en bekwame mense in hulle poste aan te stel. Miskien ook mense Wat regtig wil werk.

Griki ·

Vat jy die woorde so uit my mond, Anne-Marie. Daar is baie mense wat graag wil werk en waarskynlik baie gewilliger en bekwamer is. Dalk wil die SAPD nie die posvlakke verhoog nie omdat hulle dit nie verdien nie.

Oompie ·

Wat. Ek dog ook hul staak al vir altyd. Hoekom dink almal so. Min mense het simpatie vir die klomp.

hiehie ·

Hulle gaan nie eers gemis word nie, hul maar min beteken!!!

Elizabeth ·

Hulle staak al jare lank. Het niemand dit al agtergekom nie??? Dis dalk nou tyd om die lyne wel te beman.

anton ·

Ek het al baie lank gelede opgehou om daardie nr. te skakel, want hy word elkgeval nie beantwoord nie!!!
Indien wel, verstaan hulle nie wat jy wil sê nie. En polisie stasies antwoord ook nie hulle telefone nie. Veral nie na 6pm nie.
Of julle nou staak of nie, die diens is dieselfde. Julle sal nie gemis word nie.
Al wat mos in S.A gedoen kan word is STAAK. Almal wil altyd meer geld hê maar wil nie werk vir dit nie.

broos ·

hulle staak inelkgeval permanent… gaan geen verskil maak nie…antwoord in elkgeval nooit die fone nie….

Ilva ·

Nou sowaar. Bestaan daai diens dan nog. Het al male sonder tal gebel en NOOIT antwoord gekry nie. Hulle staak al etlike jare na my menkng.

Avokado ·

Die heel belangrikste oorweging behoort te wees of iemand gaan agterkom dat jy staak. In hierdie geval, nee.

Amanda ·

Dit gaan geen verskil maak nie. Hulle beteken niks. Bel eerder ook my buurtwag.

Tanya ·

Ek dink met elke berig dat ek nou sweerlik alles gesien het, maar die keer het ek sowaar alles gesien.

Susan ·

Daar is ook ander staatsdienswerkers wat in SAPD werk wat ook nog nie bevorder is nie. Level 6 wat al 18 tot 20 jaar in dieselfde level is wat nie na level 7 geskuif kan word nie. Want hul val nie meer onder klerke nie maar assistente. So wat nou?

J. Wilken ·

Gaan ons dit agterkom wanneer hulle staak. In my opinie is die polisie n welsyns organisasie vir baie van hul lede. Ek is ook van mening dat die senior lede meer kontak met die junior lede moet maak.

Ada ·

Dit is nie eers nuuswaardig nie. Vir my bestaan huller nie eers nie.

Jan Nel ·

Ek het lankal 10111 met my skoonma se nommer vervang en sy staak nooit nie.

Janine ·

Ken die nommer 10111. Net nie geweet daar is eintlik mense wat dit beman nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.