10111-staking draai in arbeidshof

Argieffoto: https://pixabay.com

Die polisiebestuur gaan Vrydag die arbeidshof nader om onwettige optrede deur stakende 10111-operateurs te verhoed.

Genl.maj. Sally de Beer, nasionale polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die polisiebestuur gaan ʼn dringende aansoek teen stakende lede van die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) indien wat buite die 10111-inbelsentrum se hoofkantoor in Midrand betoog.

“Sedert verlede Vrydag het van die stakers sporadies niestakende werkers gedreig en geïntimideer. Donderdag het die situasie vererger en van die stakers het voorwerpe gegooi waartydens ampsvoertuie beskadig is,” het De Beer gesê.

“Die polisie het ʼn verpligting om optimale diens aan die gemeenskap te lewer en ook ʼn doeltreffende noodreaksiediens te verseker. Die waarnemende nasionale kommissaris gaan intussen verteenwoordigers van Sapu en die polisievakbond Popcru vir ʼn vergadering nooi in ʼn poging om ʼn oplossing vir die staking te vind.”

Sy het gesê gebeurlikheidsplanne is steeds in werking by inbelsentrums “wat nog doeltreffend werk en ʼn minimale uitwerking op dienslewering het”.

Maroela Media het vroeër berig operateurs beweer dat hulle R100 000 per jaar verdien en erg oorwerk en onderbeman is. Dit beteken dat sommige noodoproepe nie opgevolg word nie omdat werkers skofte van tien tot 12 uur moet werk.

Geskille ten opsigte van betaling en werksomstandighede sloer sedert 2013.

Lees die vorige berigte oor die 10111-staking op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JG ·

Ek weet van baie mense wat bereid is om vir R100,000 salaris p.j. te werk…hierdie spul weet duidelik nie hoe gelukkig hulle is om te kan werk nie.

Gehaltebestuur Ouditeur Vlakvark ·

Die noodtelefoonnomer 10111 is waarskynlik die belangrikste ingangsportaal vir versoeke om onmiddelike SAPD dienslewering. 10111 is waarskynlik die belangrikste advertensie-medium vir SAPD. 10111 is seker die belangrikste meetbare van die agiliteit, doeltreffendheid en effektiwiteit van die SAPD.

Nou die ZAR1,000,000 vrae: “Word daar gereeld deur eksterne onafhanklike internasionale instansies met ‘n bewese rekord oudits gehou om te bepaal hoe doeltreffend en effektief 10111 bestuur word? Waar is die resultate gepubliseer? Is daar in die verslae areas vir verbetering geidentifiseer en wat is ter verbetering daaromtrent gedoen? Waar is die kliëntetevredenheid-opnames gepubliseer?” SAPD, haal uit en wys!

Alida ·

Onbevoegde mense. Jy moet elke woord en adres 5 keer spel. By die tyd dat hulle die inligting het is dit te laat.

KK ·

10111 is nie ‘n nommer wat eers Nasionaal gebruik kan word nie. ‘n Dief het oor ons bure se palisade geklim en ‘n gasbottel probeer steel. Ek het hom gelukkig gesien op hom geskree en hy het weggehardloop. Ek probeer die plaaslike SAPD skakel geen antwoord. Skakel 10111 en na vele spelling van die adres, vertel die onopgeleide vrou vir my, hulle werk net in Gauteng ek moet maar 112 skakel. Nodeloos om te sê toe is die dief al terug in sy weg kruip plek.

Lynn ·

Na paar keer gebel, geen antwoord.. Het vier ure gevat om uit te kom toe ons hulle nodig gehad het na vier gewapende mans ons voordeur en traliehek oopbreek.. moes ons self maar verdedig.. Het fotos van die voertuig en insittende wat buurman met sy cctv kamera geneem het, aan plaaslike polisie oorhandig. Nommerplaat en gesig duidelik. Ons wag nou nog vir terugvoer.. maar maand later was ander bure deur vier in hulle huis in ‘n kompleks aangeval, erg beseer.. was gevra.. ‘do you want to die tonight?’ Dieselfde groep? Diens is power..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.