10111-staking: Gesprekke begin

Argieffoto: https://pixabay.com

Gesprekke begin Maandag tussen die polisiebestuur en die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) om ʼn skikking vir die 10111-staking te vind.

Sapu het Vrydag aangekondig dat die staking van operateurs by die polisie se 10111-noodinbelsentrum tydelik opgeskort is nadat van sy lede Woensdag met ʼn beskermde staking begin het.

Oscar Skommere, Sapu se hoofsekretaris, het gesê die staking is opgeskort om onderhandelinge, wat deur die KVBA gelei word, ʼn kans te gee.

Volgens die vakbond word sy lede die minste van alle inbelsentrumwerkers betaal.

Intussen het die DA aangekondig dat Zakhele Mbhele, DA-LP en woordvoerder vir polisie, en Kate Lorimer, lid van die Gautengse wetgewer en DA-woordvoerder vir openbare veiligheid, die inbelsentrum in Midrand Maandag gaan besoek.

“Die besoek is deel van pogings om die toestand van werkers by die sentrum te bepaal. Operateurs beweer dat hulle so min as R100 000 per jaar verdien en dat hulle oorwerk en onderbeman is. Dié kwessies dateer so ver terug as 2013 en daar is nog nie ʼn oplossing gevind nie,” het die DA in ʼn verklaring gesê.

“Die 10111-oproepsentrums maak deel uit van ons kritiese noodreaksie-infrastruktuur en die stryd teen misdaad. Dit is noodsaaklik dat hierdie sentrums ten alle tye optimaal funksioneer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Inge ·

“So min as R100 000” betaal word? Dit is meer as R8000 per maand vir onkundige operateurs. Nee wat, ek dink hulle kry te veel!

Oud Res ·

Stel maar weer reserviste aan Ons het nie n sent gekry nie en nooit gekla nie Maar ons werk was deeglik gedoen en dit was vir ons n eer om die publiek te kon help Ook het ons geen sielkundige berading of ontlonting nodig nie Stakers of jy kan die werk doen of jy kan nie Julle kla met n bakhuis onder elke arm So doen jou werk Jy het in elk geval aansoek daarvoor gedoen en niks was op jou afgedwing nie Wees dankbaar vir wat jy het Daars mense wat met graagte jou pos sal wil oorneem as jy nie lus is daarvoor nie

Christel ·

Ai hier in ons dorpie kan jy gladnie die stasie eens in die hande kry nie

Michael ·

Hoekom kry elke polisie stasie nie sy eie 911 nie en jy word deurgeskakel na die naaste polisie stasie .Die eenheid word beman deur persone wat in die area bly en is nie afhanklik van operateurs wat ander operateurs bel en so onodige tyd vermors nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.