10111-staking: ‘Keer terug werk toe, of…’

Argieffoto: https://pixabay.com

Die polisie se topbestuur het Donderdag ’n waarskuwing aan alle stakende 10111-operateurs gerig.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê stakende operateurs moet teen Vrydag terug op hul poste wees of tugstappe in die gesig staar.

Sommige lede van die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) van 10111-inbelsentrums staak al sedert Augustus.

“Dit was aanvanklik ʼn beskermde staking. Daar is egter vroeër vandeesmaand ʼn ooreenkoms met die Veiligheidsektorbedingingsraad (SSSBC) ondergaan waarvan die meerderheidsvakbond Popcru en die polisie ondertekenaars is,” het Naidoo gesê.

“Alhoewel Sapu nie ʼn ondertekenaar van die ooreenkoms is nie, is die ooreenkoms afdwingbaar en die staking onbeskermd verklaar.”

Naidoo het gesê Sapu is van die ooreenkoms bewus gemaak en hulle kan nie meer eis dat die staking beskermd is nie.

“Ongelukkig duur die staking voort en alle stakende personeel word versoek om die optrede te staak en terug te keer na hul poste toe.”

Mpho Kwinika, Sapu se president, hou egter vol dat die staking beskermd is en dat die beginsel van geen-werk-geen-betaling geld. Hy het gesê die vakbond het ʼn skrywe aan die polisiebestuur gerig om die waarskuwing terug te trek, andersins gaan die vakbond Vrydag die hof nader.

Maroela Media het vroeër berig stakende operateurs beweer hulle verdien R100 000 per jaar, is erg oorwerk en dat sentrums onderbeman is. Dit beteken dat sommige noodoproepe nie opgevolg word nie omdat werkers skofte van tien tot 12 uur moet werk.

Geskille ten opsigte van betaling en werksomstandighede sloer reeds sedert 2013.

Lees die vorige berigte oor die 10111-staking op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Annie ·

Keer terug werk toe of……..hou aan staak en Jul gaan geskors word met volle betaling en ñ heerlike vakansie. Regtig…..staak van Aug en NIKS word gedoen nie. Tipies van ons slapg@t regering. Praat praat praat……..

Buitestander ·

Waar is die statisieke van stakings by polisie amptenaare?

koos ·

doen jy, met call centre ondervinding en wat maar te bly sal wees om weer te werk en nooit sal staak nie, aansoek om daar te werk, kry jy die antwoord: “jammer geen werk vir jou nie, want jy het die verkeerde velkleur”.

Vermeende ·

Staak al van Agustus af, van watter jaar af want die laaste paar jaar lui en lui 10111 net sonder antwoord!

Willie ·

Al staak hulle nie, werk hulle nie… Swak stelsel van die SAPD en uiters swak bestuur… Veiligheids magte is nie geregtig om te staak nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.