10111-staking tydelik opgeskort

Argieffoto: https://pixabay.com

Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) het aangekondig dat die staking van operateurs by die polisie se 10111-noodinbelsentrum tydelik opgeskort is.

Oscar Skommere, Sapu se hoofsekretaris, het gesê die staking is opgeskort om onderhandelinge, wat deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gelei word, ʼn kans te gee.

“As ʼn verantwoordelike vakbond het ons besluit om die staking tydelik op te skort ter wille van die publiek wat ons dien. Die KVBA-inisiatief moet ʼn kans gegun word sonder onnodige druk,” het Skommere gesê.

“Sapu sal Maandag se vergadering by die KVBA met ʼn oop gemoed bywoon. Die opskorting van die staking moet nie deur die polisiebestuur beskou word dat ons ingee tot hul arrogansie nie.”

Hy het gesê daar is met hul lede gekommunikeer om Saterdag reeds terug te keer werk toe.

Die lede het Woensdag met die beskermde staking begin.

Volgens die vakbond word sy lede die minste van alle inbelsentrumwerkers betaal. Sapu het gesê die staking is wettig, maar het gewaarsku dat werkers wat daaraan deelneem, moontlik nie betaal gaan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johannes van Staden ·

Of hulle werk of staak glo ek dit is byna dieselfde. Het die no gebel en moes Boom straat seker 4x spel en intussen brand die gebou ! Kry tog net asb kundige mense met meer as n std 3 .

Johan. H. ·

Al hoe die mense reg leer om hul werk reg te doen en te wil doen is dat as bewys kan word hulle het nie hul werk gedoen nie,en dit het gely na dood of besering of skade, Is om kriminele klagtes handig te maak teen die betrokke induvedu of afdeling, Dit is ongelukkig hoe mense leer,EERS as mense werk van i uiterse goeie standaard kan lewer het jy seker die reg om beter betaling te wil he,,, ek dink,,, of as jy dan nie tevrede is nie soek ander werk,,

Cecile ·

Staking tydelik opgeskort??!! Julle praat seker van die slow strike….

Eish ·

Ek is bevrees ek sal in my leeftyd nie verstaan nie. SAPU beweer die staking is ter wille van die publiek wat hul dien tydelik opgeskort ten einde die KVBA n kans te gee. Nou waarom het hul dan begin staak alvorens hul nie eers die KVBA n kans gegee het nie. Indien die publieke belang so swaar op die gewete rus, waarom enigsins staak?

Alki ·

Hulle gaan dit die einde van die maand aan hulle sakke voel, no work no pay , dit is hoekom hulle dit nou skierlik opgeskort het, ek skaam my vir hulle, ek werk ook as klerk in die SAPD, ek sal NOOIT staak nie ek is trots op my werk, en TE DANKBAAR EK HET WERK. Hulle eise is onrealisties , daar is van my kollegas wat nog op vlak 4 is en hulle staak nie. Madam Payiga het vir hulle ‘n paar jaar terug dinge belowe wat nooit uitvoerbaar kan wees nie net om hulle van haar nek af te kry

Michael ·

Of die klomp nou daar is of nie daar gaan geen verskil wees in die geen diens want n mens kan dit nie swak diens noem nie gaan kyk hoe werk die 911 diens in die vsa

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.