109 plaasaanvalle in minder as 100 dae

Argieffoto

AfriForum het Maandag aangekondig dat daar vanjaar reeds sowat 109 plaasaanvalle en sowat 15 plaasmoorde in Suid-Afrika voorgekom het.

“Ons landelike gebiede is in ’n misdaadoorlog vasgevang,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van veiligheid, gesê.

“Hoewel die Suid-Afrikaanse regering die afgelope week ontken het dat ’n geweldskrisis die landelike gebiede in die gesig staar, bewys die getalle juis dat geweld in hierdie areas buitensporig erg is.”

Cameron voeg by dat marteling met strykysters, blaasvlamme, gesmelte plastiek en kookwater dikwels vir ure tydens aanvalle voortduur. Hy sê ook dat daar ’n beduidende toename in hierdie soort aanvalle in die Wes- en Noord-Kaap is.

“Die regering kan nie met feite stry nie – ons mense word afgemaai,” het Cameron gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Hanna ·

Ons regering gaan net mooi NIKS daaraan doen nie, want hulle keur dit stilletjies goed. Die EFF regeer tans die land. So, stuur hierdie berigte die wereld in sodat almal kan sien wat hier aangaan!

Anoniem ·

Geagte President, gee asb. aandag aan dié ernstige probleem waarmee ons sit ! Help asb want almal kry swaar as gevolg van Plaasmoorde !

Sê maar net ·

Anoniem, jy roep uit na die verkeerde een. Jy stel jou vertroue in n president? Hy gee nie om vir dit nie. As hy wel omgegee het sou hy al lankal iets gedoen het. Julle kan vergeet van enige politieke party om te help. Hul verryk hulself net en basta met die res.

JKL ·

Jy roep n president wat grype goedkeur, hy’t keer op keer gese sondervergoeding sál gedoen word.

Lynn ·

Dis skrikwekkend! Ons 8% kan nie meer opstaan teen die magdom barbaarse haat en geweld nie. Ons moet ander heenkome vind. Baie sleg hoe ons uit Suid-Afrika gedryf word ?. Vlug of word uitgewis, want ons is te min om hierdie oorlog te wen.

Ella ·

Lynn ek stem heelhartig saam met jou. Die vraag is net: waarheen? Die regering kan ook alle aansoeke afkeur. En ek dink hulle gaan. Mag die Vader ons help.

Swart Luiperd ·

Lynn waars jou geloof dan nou want, EK SAL N BENDE STORM LOOP MET GOD AAN MY SY. En waarlik ek is nie bang om dit te doen nie. My geloof is groot en dink aan Bloedrivier was God dan nie daar teenwoordig nie.

Jerry ·

Misdaadoorlog? Dit is tog voor die hand liggend dat die ANC onder die Zuptas asook die EFF plaasaanvalle geinspireer het en staatsveiligheid onder Zuma dit georkestreer het. Daar is geen klinkklare bewyse want waar is die onafhanklike joernaliste en forensiese ondersoeke na bogenoemde ten einde bewyse te kry. Waar is die ondersoeke teen wetstoepassers wat plaasaanvalle ondersoek en die motiewe uitmaak as wraak omdat die boer nie die salaris betaal het nie of uit armoede? Kry onafhanklike ondersoekers, al is dit van die buiteland en kry bewyse teen die ANC en die EFF vir plaasmoorde want dit is waar dit vandaan kom. Kan julle dit nie doen nie, het julle geen ander keuse as om n hand van vriendskap uit te reik na CR ten einde hom te oorreed om staatsvermoe in te span om plaasmoorde te stop! Al is dit net vir die termyn van CR.

Boland ·

Hierdie regering weet dat die boere hulle grootste gevaar is.Die boere is gewapen en kan skiet.Die boere weet van swaar kry en ken die swartes baie goed.As die boere uit die weg is is hulle pad oop om te doen wat hulle wil.Hulle weet die boere kan vinnig groepeer en het geld agter hulle.Die grondkwessie gaan nie oor grond vir swart boere nie,want hulle weet dit sal nie n sukses wees nie.Hulle wil die boere uit die weg he.Hulle weet ook die boere is meer regs en dis vir hulle n probleem.Hierdie moorde word beplan.Dit sal nog uitkom.

Essa ·

En soos in vorige kommentare is Jerry weer die stem van rede. Plaasmoorde is ‘n baie emosionele en hartseer kwessie; individue kan wel verhuis maar ‘n massa uittog is tog wensdenkery. Daarom voel dit vir my ook dat Jerry se alternatief ‘n sprankie hoop gee. My hart gaan uit na ons boere, ons plaasmense wat soveel onsekerheid beleef. Mag julle gees nooit geblus word nie, mag julle krag ontvang dat bitterheid julle nie oorwin nie.

Generaal ·

Dis skrikwekkend, daarmee stem ek saam, maar die Voortrekkers was ook destyds baie minder as hulle vyande en met God se hulp het hulle, hulle vyande verslaan. Maak nie saak wie president is nie. God is nog Koning en Hy sal nie Sy volk vergeet nie. Hy sal ons help op Sy tyd. Moet dus nie moed verloor nie! Vertrou op die Here! My hart bloei vir my mense, maar God SAL ons help.

Naomi ·

Maroela Media
Ons woon in Kanada, will graag hierdie berigte met ons mense deel. Is daar dalk n translate opsie wat julle beskikbaar kan maak??

Aussie ·

Ek wil darem NET sê dat die SA regering geen rol speel en niks weet van ‘n aansoek om ‘n “beskaafde” land se verblyfvisum nie. Ek en my gesin het eers Australiese burgerskap gekry na ‘n paar jaar in Aus, en TOE het ek vir SARS gesê ek het getjaila. Tot op daardie oomblik weet die SA regering niks.

Dankie AUSSIE ·

Dankie vir die voice of reason, want mense maak mekaar so BANG op forums met die verkeerde informasie. As ek wil waai sal GEEN SA regering my stop nie, dit is tussen jou en die ander land . as Ierland of Kanada of Australie jou verblyfvisum of werksvisum goedkeur het SA NIKS daarmee te doen nie.

Ada ·

Ons moet die berigte ook in Engels kry sodat dit na die Buiteland gestuur kan word soos Naomi vra.
Kan dit gereel word?
Daar is ook iemand in Europa na wie ek dit wil stuur – hulle stuur dan van daar af verder die Buiteland in.

Marianne ·

My vriende was vermoor, ander aangeval, my familie mag nie sonder SAPS begeleiding hul plase in die Suid Oos Vrystaat besoek nie….
Die Regeering wil ons grond vat, is hulle nie agter hierdie aanslae nie? Ons boere ry nie met bakkies gelaai met gewapende mans en bestorm slapende mense in plakkers kampe of townships nie. Ons boere vermink hulle nie, verkrag nie vroue en lag daaroor nie.
Dis nie net Afrikaans sprekendes wat boer nie, ons Duitsers boer ook, ons het Engelse en ander ras boere vriende ook. Hulle lewe ook in vrees. Kry ‘n taak mag van verskillende wereld lande om te kom help. Daar is ‘n onbevesdigte en onbesproke oorlog teen ons verklaar.

EK STEM Marianne ·

Nou terwyl jy DUITS is hoekom stuur jy nie ‘n veldtog van stapel in DUITSLAND nie? Ons het nou alle hulp nodig wat ons kan kry. NIEMAND het gese dit is net AFRIKANERS wat boere is nie .. dit is wel WIT boere wat die meeste aangeval word, engels, afrikaans of duits. EK STEM 100% saam dat dit ‘n stil oorlog is maar ons MOET op mense soos julle wat ander tale magtig is OOK kan staatmaak om die woord uit te dra . ASB . .DUITSERS (ek weet veral van baie Duitse boere in Piet Retief omgewing) .. gaan praat dan met die Duitse ambassadeur . stuur briewe, stuur brokkies nuus en inligting .. HELP dan ook !!

$ ·

EK STEM Marianne

Is dit nodig om Marianne so lelik en aanvallend te antwoord? Marianne stel dinge net in perspektief, dat nie-Afrikanerboere ook in dieselfde bootjie is en ook in vrees lewe. Jy kon haar mooi vra om dit onder die Duitse ambassade of kontakte in Duitsland se aandag te bring (en hoe seker is jy dat sy dit nie alreeds doen/gedoen het nie?) in plaas daarvan om haar met jou tong aan te val. Vat eerder hande en werk saam aan ‘n oplossing; empatiseer met haar en ander boere want duidelik leef sy en haar gesin ook in vrees – waarom nodig om so snedig teenoor haar op te tree?

Marianne, ons staan saam met jou en bid vir julle en al die ander boere ook; dankie vir dit wat julle vir ons doen ten spyte van al die aanslae – selfs uit die tong van mense wat veronderstel is om jou spanmaats te wees.

Elsa ·

Vader ons hulp is van U, help ons land Suis Afrika en beskerm ons teen die booswigte. elke mag en krag van die vyand stop ons vandag in JESUS se NAAM…

Swart Luiperd ·

Lynn waars jou geloof dan nou want, EK SAL N BENDE STORM LOOP MET GOD AAN MY SY. En waarlik ek is nie bang om dit te doen nie. My geloof is groot en dink aan Bloedrivier was God dan nie daar teenwoordig nie.

G67 ·

Dis nie misdaad nie, dis iets anders, en todat julle dit nie erken nie sal niks verander nie.

White Rhino ·

Laat die Duitsers en ander Buitelanders wat ook boer asb aan hulle ambasades skryf sodat hulle dalk iets kan begin doen asb Marianne.
Stuur ook fotot’s en briewe aan die buitelandse regerings en nuusstasies.

Francois ·

Dis PRESIES wat ek ook se en doen !!! Hoeveel van ons sit hier dag in en uit en praat net? DOEN IETS mens!!!

Ek stem WHITE RHINO ·

Dankie tog, presies wat ek gese het. Ongelukkig kritiseer almal AFRIFORUM en noem hulle al wat ‘n slegte naam is omdat hulle op ander goed ook konsentreer maar was dit nie vir hulle nie was AL hierdie goed onaangeraak deur die buiteland .. HELP DUITSERS, HELP HOLLANDERS, HELP AUSTRALIERS en AMERIKANERS, HELP BRITTE (julle skuld ons eintlik nog BIG TIME) Kry die fotos van die mense wat vermink en vermoor is . HOEKOM kan ons steeds oud apartheids fotos rondstuur en die kisvideo maar GEEN foto of video van ‘n plaasmoord is OOIT beskikbaar nie????

Pedro Breetzke ·

Is daar dalk statistiek oor hoeveel van hierdie aanvalle/moorde vind plaas terwyl die Plaas Boere besig is met werk op die lande, in melkerye ens teenoor aanvalle/moorde terwyl hul in hul huise is bv slaap,tv kyk ens of uit hul huise gaan waneer hul iets buite hoor?

Guns ·

Ek dink nie die statistiek sal onderskei nie maar EERLIK dink ek meeste aanvalle is JUIS as mense NIE paraat is nie .. DIS MOS LAFAARDS, nie soldate soos hulle dink hulle is nie, of vryheidsVEGTERS nie, dis niks om ‘n 82 jarige oom dood te VEG nie is dit? Niks om ‘n ou tannie in ‘n rolstoel dood te BAKLEI nie .. nee daar is GEEN baklei van die boer se kant af nie .. GEWOONLIK is dit mense wat SLAAP, of rustig sit en EET of TV kyk .. so af en toe lei hulle mense in ‘n lokval deur te se ‘n skaap of bees is siek en word hulle dan vermoor . maar MEESTAL kan ek vir jou se word hulle oorval terwyl hulle dit NIE verwag nie .. in die stort, in die bed, by die etenstafel . onthou hierdie is LAFAARDS wat in groepe kom .. ‘n ou mens het GEEN verweer teen die wreedaards wat gewapen is nie ..

Lerato ·

Die polisie het vroeër verkeerdelik gemeld dat die hoof oorsaak van plaasaanvalle roof is.
Die hoof rede is wraak oor die eeue lange verdrukking van gekleurdes.
Die lang termyn oplossing. Bou verhoudings. Ryk uit na ander in nood. Tree menslik en mensliewend teenoor ander op. En verbrand die sambok in die hand en die een in die mond

Sean ·

“Copy” die artikel se URL in die address bar. Gaan na translate.google.com toe en paste die URL in die “translate” blok. Klik op die blou “Translate” knoppie. Dit sal die bladsy vertaal. Kopie weer die URL en stuur aan vir Engelse lesers.

Blondie ·

Nes renosters hoort die boer ook nou op die lys van uitwissing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.