11 beamptes by Jhb-toetssentrums afgedank

Argieffoto

Die Stad Johannesburg het aangekondig 11 werknemers van die departement van openbare veiligheid se bestuurslisensie-toetssentrums is afgedank nadat hulle skuldig bevind is aan bedrog, korrupsie en oneerlikheid tydens ʼn dissiplinêre verhoor verlede maand.

Michael Sun, burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, het gesê die werknemers het voertuie geregistreer vir fiktiewe individue en het boetes en verkeersboetes afgeskryf deur betaalbare bedrae na dié fiktiewe persone oor te dra op die stelsel.

Hulle sou dan die voertuie van die oortreders herregistreer in hul eie name sodat hulle nie verantwoordelik is vir die verkeersboetes nie. Sun het gesê die werknemers het formele afdankingsbriewe ontvang.

“Een van die eerste veldtogte waarmee ons begin het nadat ek as burgemeesterskomiteelid van openbare veiligheid aangestel is, was ʼn veldtog teen korrupsie en bedrog. Ons kan nie met ons arms gevou staan en toekyk hoe korrupte bedrywighede onder ons neuse plaasvind nie,” het Sun gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

GES ·

As die betrokke mense maar net hulle energie wil gebruik om ʼn flink diens te lewer. Maar nee sal liewer ʼn diens aan die onderwêreld lewer.

JOKER ·

EN nou gaan hulle die EFF inroep want dit is onregverdige afdanking van onskuldige BROODWINNERS . en kort voor lank het hulle hulle werk terug.

Patriot ·

EEF leier belowe juis almal wat registreer vir verkiesing sal hy gratis lisensies verskaf… het seker `n lekker kontak…. Wonder wat sal hy maak as helfte van die land opdaag en `n lisensie soek !!!

TLC ·

Geld wat hul ontvang vir bedrog is mos baie beter as hul salaris en nou gaan hul nie eers dit meer kry nie

Afrikaanse Knaap ·

Nou moet hulle nog net daai manne en vroue vasvat wat jou lisensie “waarborg”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.