11 beseer in La Lucia-ongeluk

Die ongelukstoneel in La Lucia, Durban op 28 November 2014 Foto: Netcare 911

Die ongelukstoneel in La Lucia, Durban op 28 November 2014 Foto: Netcare 911

Elf mense is Vrydagmiddag beseer toe ʼn Hyundai-vragmotor ʼn bakkie op die M4 in La Lucia in Durban van agter getref het.

“Wrakstukke van die ongeluk het oral op die toneel rondgelê,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die bestuurder van die H100-vragmotor was in die wrak vasgekeer. Hy het kritieke beserings opgedoen.” Hy is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Tien persone wat agterop die vragmotor gery het, het geringe tot matige beserings opgedoen. Die persone in die tweede voertuig is ongedeerd.

“Die polisie stel ondersoek in,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

GeorgeL ·

Swak beriggewing – Doen darem bietjie navorsing. ‘n Hyundai H100 is nie ‘n vragmotor nie, dit is ‘n bakkie, of te wel ‘n ligte afleweringsvoertuig. Vraggmotor klink dalk baie meer sensasioneel, maar nie ten koste van die waarheid nie. ‘n Mens verwag dit van die liberale media – beteken dit nou dat Maroela dieselfde paadjie volg en die “nuus” met ‘n knippie sout gelees moet word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.