11 beseer toe taxi by wal afrol

Foto: Verskaf.

Altesaam 11 mense is beseer toe die bestuurder van die taxi waarin hulle gereis het beheer oor die voertuig verloor en verskeie kere teen ʼn wal afgerol het voordat dit op sy sy tot stilstand gekom het.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het Maandag om 06:40 in Irelandstraat in Verulam, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

“Volgens die beseerde passasiers kon die bestuurder nie mooi om die draai navigeer naby die hoek van Ireland- en Toddstraat nie en die voertuig het by die wal afgerol,” het Dollman verduidelik. Die voertuig het in die parkeerterrein van ʼn plaaslike winkel tot stilstand gekom.

Foto: Verskaf.

Volgens Dollman het Netcare en ander privaat ambulansdienste by die toneel opgedaag en die 11 beseerdes, sommige van wie baie ernstig beseer was, behandel.

“Netcare het drie pasiënte na ʼn hospitaal geneem. Een van die pasiënte, ʼn 37-jarige man, moes  pynbeheermedikasie op pad hospitaal toe ontvang,” het Dollman gesê.

Die polisie en die brandweer is ook na die toneel ontbied. Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.