11 betogers by Clicks-winkel in hegtenis geneem  

EFF-lede sing en dans in optog teen Clicks in die Highveld-winkelsentrum in Emalahleni (Foto: EFF Twitter)

Elf betogers is Donderdag in Jeffreysbaai in hegtenis geneem nadat hulle nie aan ʼn hofbevel gehoor gegee het nie.

EFF-lede het weer by die Clicks-winkel in die Fountains Mall-winkelsentrum betoog en die polisie is ontbied.

Volgens kol. Sibongile Soci, polisiewoordvoerder, is die betogers in hegtenis geneem nadat hulle glo Clicks-werknemers en klante gedreig het.

Die verdagtes, tussen 24 en 49 jaar oud, sal Vrydag in die Humansdorp-landdroshof verskyn.

Clicks het vroeër die week ʼn dringende interdik in die hooggeregshof in Johannesburg bekom nadat betogende lede van die EFF Maandag groot skade aan verskeie Clicks-winkels aangerig en die winkels verhoed het om sake te doen.

Ingevolge die bevel word die EFF en sy leiers verbied om enige werkers van die Clicks-groep te intimideer of te dreig. Die hof het die EFF bykomend verbied om enige klante aan die winkels te intimideer of te dreig, asook enige geweld teen die gewone handelsbedrywighede van die groep aan te hits.

Die EFF het laat Donderdagmiddag sy protesaksies opgehef nadat hy met die bestuur van Clicks vergader het. “Alle Clicks-winkels kan nou normale bedrywighede hervat,” het ʼn EFF-woordvoerder na afloop van die vergadering gesê.

Die gewraakte advertensie.

Clicks en die EFF het ooreengekom dat Clicks alle TRESemmé-produkte van sy rakke in al sy winkels sal verwyder en met produkte sal vervang wat plaaslik vervaardig is; dat Clicks ʼn minimum van 50 000 sanitêre doekies en 50 000 eenhede ontsmettingsmiddel en maskers sal skenk aan landelike en informele nedersettings, wat deur die EFF bepaal sal word; en dat Clicks ʼn beurs sal toeken aan vyf studente sodat hulle in die volgende akademiese jaar (2021) ʼn farmaseutiese studierigting kan volg. Al vyf moet vroue en swart Afrika-studente wees wat van ʼn landelike gebied kom en weeskinders weens MIV/vigs wees.

Die EFF het onderneem om saam met wetstoepassers te werk om seker te maak dat skoorsoekers, wat by die vandalisme by Clicks-winkels betrokke was, aangekeer word.

Die EFF het ook Donderdag met Unilever vergader en daar is ooreengekom dat alle TRESemmé-haarprodukte tien dae lank van alle winkelrakke in die land verwyder sal word. Unilever sal ook ʼn minimum van 10 000 sanitêre doekies aan inwoners van informele nedersettings – wat die EFF geïdentifiseer het – skenk.

Clicks het die afgelope naweek in die sop beland nadat hy ʼn TRESemmé-advertensie op sy webwerf geplaas het waarin na verskillende vroue se verskillende haarsoorte verwys word. In die advertensie word die byskrifte “frizzy & dull” en “dry & damaged” gebruik by die foto’s van swart vroue se natuurlike hare, terwyl die byskrifte “fine & flat” en “normal” by foto’s van wit vroue se natuurlike hare gebruik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

ElizeK ·

Too little too late. Dit moes in die eerste plek NOOIT gebeur het nie. Help nie hulle wil nou ” brownie points score ” nie. Skade aan eiendom en onskuldige mense se lewens is klaar aangerig.

Johan ·

Clicks word vir politieke redes geteiken. Wat van Shoprite, Woolworths, Pick n Pay, en Massmart en ander wat almal die produkte op hulle rakke het. Maak nie sin nie.

Gawie ·

Slegs Clicks het die rassistiese advertensie gebruik – die ander winkels nie.

Kaal Keiser ·

Die mense weet ook nie wat hul wil he nie – as net wit mense in ‘n advertensie gebruik word dan is dit ‘n probleem. Nou word minder wittes gebruik en meer van die vereiste velkleur… en nou toi toi hulle. Mens kan ook nie wen nie

Wesie ·

Die wit mense moet heeltemal uit die advertensies ons hoort nie meer hier nie. Sal ook nie weer van clicks gebruik maak nie ta ta

Aai ·

Hulle doen dit net om nog iets vernuut te kry wil nie werk(gee en gee dit is al wat hulle ken)

ElizeK ·

Wonder hoekom die eff nou sooo behep is met sanitêre doekies. Die chaos was mos agv minderwaardigheid oor hulle hare. Wat het sjampoe en doekies nou in gemeen.

Stofdonkie ·

Dis die eff se manier om te erken dat die hele storie net gaan oor hulle leier eintlik net Sondag pms gehad het en toe besluit het hy haal dit op clicks uit. eff leier gaan al die sanitêre dovekies vat want hulle het baie gereeld pms.

Jaco ·

Die EFF is gebore uit die ANC. So gaan al daardie goed wat Clicks nou moet uitdeel, regtig by die arm landelike mense uitkom? Hiers mos nou ‘n lekker kans om dit alles te verkoop en om tipiese SA-korrupsie styl daaruit in te cash.

Mallie ·

Alweer die EFF. Grootste klomp narre. Daar kon gese geword het kroesies.

Persheks Adri ·

Net 11 van hulle? Hopeloos te min. Hulle probeer ons aandag weg kry van die korrupsie af mense!

#Tsek EFF tsek

Persheks Adri ·

Hulle mag ons dreig, vandalisme vind plaas, haat spraak is reg in regering se oë, maar ons moet dit nie doen nie! Hulle maak en breek soos hulle lus is en die klomp by Clicks is bang.

Jy laat jou eie nasie sonder werk sit mal rooi petters. Nice dis hoe julle operate…

Jakes ·

In plaas van om die gespuis te arresteer, stuur hulle terug skool toe om in graad 1 te begin want hulle tree op soos kleuters.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.