11 binne week in selfde woongebied vermoor

Argieffoto

Emosies loop hoog in die Sondela- informele nedersetting naby Rustenburg in Noordwes waar minstens 11 mense in verskillende voorvalle in die afgelope week vermoor is.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê vyf mense is Maandag dood gevind, terwyl nog ses mense tussen 18 en 24 November op verskillende plekke in Sondela dood is. “Ons hanteer die voorvalle tans as onverwante voorvalle,” sê Mokgwabone.

Hy sê van die slagoffers is doodgebrand, terwyl ander steekwonde opgedoen het. Die eerste twee slagoffers is tussen Saterdag en Sondag aan die brand gesteek.

“’n Paar voorvalle is eers later [by die polisie] aangemeld, sommige nog tot vanoggend [Maandagoggend].”

Plaaslike inwoners sê die moorde is die gevolg van ʼn gerug wat die ronde doen dat Sotho-sprekendes in die nedersetting by die Xhosa-sprekendes in die nedersetting steel.

ʼn Groep Sotho-mans, bekend as die “Russians”, en Xhosa-mans was sedert 17 November in verskeie skermutselings betrokke. Sommige inwoners het van hul huise gevlug, terwyl ander sê hulle leef in vrees, maar kan nie hul huise verlaat nie omdat hulle bang is die botsende groepe sal die huise beset.

Mokgwabone sê die polisie kan nie in dié stadium bevestig of die geweld etnies- of bendeverwant is nie. “Ons sal die ondersoek toelaat om sy gang te gaan en daarna die motief bepaal. Daar is nog niemand in hegtenis geneem nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pietman ·

Vertrou die polisie om n komitee aan te stel om die ‘voorvalle’ te ondersoek. Behoede enigeen wat sal durf waag om die ‘verdagtes’ met geweld permanent uit die samelewing te verwyder. Geen wonder ons het nie meer n minister van WET EN ORDE nie.

Rita ·

En die geskil is tussen Sothos en Xhosas maar niemand beskuldig hul van rassisme nie. Rassisme geld lyk my net as daar sprake van blank in die vergelyking is.

Diefie ·

Dit is etiese “gevegte”. Dit is in die geskiedenis dat verskillende stamme mekaar altyd aangeval het en dit sal nooit ophou nie.

Geregtigheid ·

RASSISME IN DIE HOOGSTE GRAAD. Rassisme word nie net op vel kleur gebaseer nie.

Maro en Paro en al die kermsaliges ·

AG hou julle monde, as WITTES vermoor word se die regering en polisie en NIEMAND iets nie, hoekom moet ELIZE hierdie mense jammer kry?? JULLE doen dan niks vir die WITTES NIE???

Vonkprop ·

In 1976 moes ons as jong 18 jares (kinders) in die middel van die winter op oop voertuie in die koue nagte die geweld beheer. Die duisende lewens wat daar gespaar was is nie deel van die geskiedenis nie. Wat wel waar is, is daardie nasate vermoor ons mense nou op die plase.
Wat ‘n feit is die geweld gaan toeneem, polities, krimineel en etnies. Daar gaan dan nie jong dienspligte seuns wees om orde te probeer handhaaf nie. Ons sit dus op ‘n tydbom
wat moet ontplof.

Erwee ·

Sit terug en hou die sirkus dop ..daars Babelse verwarring onder die vyand

JG ·

En soos gewoonlik…die polisie “monitor” …wanneer gaan hulle eendag hul “werk” begin doen ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.