11 dood in twee gru-ongelukke

Argieffoto: Twitter via @_ArriveAlive

Elf mense, insluitend ses jong vroue, het die naweek in gru-ongelukke in KwaZulu-Natal omgekom.

Die ses jong vroue is Saterdagaand dood nadat die bestuurder van ʼn minibustaxi glo beheer oor die voertuig verloor het en dit aan die brand geslaan het. Die ongeluk het in Pomeroy in die omgewing van Greytown plaasgevind.

Volgens die KwaZulu-Natalse departement van kuns en kultuur het die minibustaxi jong vroue vervoer wat aan ʼn geleentheid deelgeneem het in aanloop tot die jaarlikse rietdans wat deur koning Goodwill Zwelithini aangebied word.

Hlengiwe Mvimbela, LUR vir kuns en kultuur in die provinsie, het gesê van die oorledenes het onherkenbaar verkool. Die nege beseerdes is na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere mediese sorg. Sewe van die beseerdes het ernstige brandwonde opgedoen.

“Beamptes van die departement was op die ongelukstoneel en werk saam met die polisie om die slagoffers te probeer identifiseer en hul families van hul afsterwe in kennis te stel.”

Intussen is vyf mense Sondagoggend dood nadat ʼn minibustaxi in Folweni in ʼn botsing met ʼn ander voertuig betrokke was. Minstens 17 mense is beseer en na hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die presiese omstandighede van die ongelukke word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Antoinette

As ek dit nie mis het nie, was daar 21 jong meisies in daardie taxi. G’n wonder die bestuurder het beheer verloor nie. Wanneer gaan hulle leer?

Hanna Hoekom

Minibus taxi en nog n minibus taxi… Dit raak nou al heel voorspelbaar! Pad behoort mos aan hulle.

Michael P

Antoinette. Dit sal nooit regkom nie. Ek is amper seker daar is nie n wet wat se die taxis moet vas gevat word nie. Gister n voorval gesien hoe taxi oor n rooi robot ry met verkeers manne aan die oorkant van die straat. Nou verstaan jy hoekom hulle dit doen BELAGLIK

Manie

Behalwe dat taxi’s weer betrokke is. Vrydag was vrouedag in SA en dan het hy nog iets soos n rietdans waar jong vroue halfnaak voor hulle meester moet dans. Vroue gaan nooit bemagtig word as die tipe van kulturele seremonie voortgaan.